On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: LUR wil met Gordhan vergader oor rehabilitasie van spoornetwerk

───   ELSABÉ RICHARD 15:28 Mon, 22 May 2023

Landbounuus-podcast: LUR wil met Gordhan vergader oor rehabilitasie van spoornetwerk | News Article
Vrystaatse landboudepartement LUR, Saki Mokoena.

Vrystaatse landboudepartement LUR, Saki Mokoena, sê hy beplan om met die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, te vergader om te kyk na die rehabilitasie van die spoornetwerk.

Mokoena sê dit kan tot voordeel van landbou gebruik word.

Sowat 250 medium en groot vee was vanjaar te sien by Graan SA se NAMPO Oesdag. Die landbou-tentoonstelling het verlede Dinsdag afgeskop met byna 16 000 besoekers by NAMPO Park, en het in totaal nagenoeg 82 000 besoekers gelok teen Vrydag.

’n Entstofnavorser, ontwikkelaar en vervaardiger, Design Biologix, het ’n bloutongentstof vir Suid-Afrika geregistreer. Farmer's Weekly se Janine Ryan sê die registrasie van die entstof is veral deur die Rooivleisprodusente-organisasie verwelkom.

China het sy mielie-bestellings vanuit Amerika gekanselleer en eerder Suid-Afrikaanse mielies aangekoop. Dit was 'n volume van meer as 108 000 ton mielies uit Suid-Afrika in die laaste week van Maart en die eerste paar weke van April 2023. Die Landbousakekamer van Suid-Afrika se Wandile Sihlobo sê hierdie aktiwiteit het deel gevorm van Suid-Afrika se mielie-uitvoer in die 2022/23-bemarkingsjaar.

EN 

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, het onlangs die Herkouer-veterinêre Vereniging van Suid-Afrika se kongres bygewoon om die skenking van veeartsenykundige toerusting aan hulpbron-arm gemeenskappe aan te kondig. Die organisasie sê dit het ’n tjek met die voorraadwaarde van meer as R800 000 aan Ruvasa voorsitter, dr Marika Badenhorst, oorhandig. Badenhorst sê hulle kan verseker dat al hierdie voorrade die mees behoeftige gemeenskappe bereik.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.