On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:21 Fri, 02 Jun 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: NEOSiAM 202/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het onveranderd verhandel sedert die vorige verhandelingsdag.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het vir lewering in Junie 2023 met R34/ton (+0,93%) hoër verhandel om teen R3 682/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Junie 2023 met R22/ton (+0,58%) hoër verhandel om teen R3 797/ton te sluit.
  • Die Nasionale Landboubemarkingsraad (NAMC) vraag en aanbod-verslag is onlangs vrygestel. Die verslag het aangedui dat witmielievoorrade tot 9,48 miljoen ton kan toeneem in die komende seisoen. Dit is 3% hoër as 2022/23 en sluit produsentelewerings en openingsvoorraad in. Die verslag het ook aangedui dat geelmielievoorrade tot 8,03 miljoen ton kan af neem. Dit is 1% laer as 2022/23.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het met 'n opwaartse neiging verhandel en 0,25% laer as die vorige dag gesluit.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Junie 2023 het met R132/ton (+1,73%) geklim en teen R7 780/ton gesluit.
  • Die verslag van NAMC het aangedui dat sojaboonvoorrade tot 2,89 miljoen kan klim in die huidige seisoen. Dit is 22% hoër as die vorige seisoen. Die sojaboon totale vraag word voorspel om tot 1,99 miljoen toe te neem, wat 'n uitvoerbare surplus van 350 000 ton laat.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand verhandel het met 'n effense opwaartse neiging verhandel en 0,54% hoër as die vorige dag gesluit.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel. Die Junie 2023 koringkontrak het R58/ton (+0,88%) hoër verhandel en teen R6 670/ton gesluit.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.