On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Trekkers, vee oorhandig aan jeugprojekte in Vrystaat

───   ELSABÉ RICHARD 12:22 Fri, 16 Jun 2023

Landbounuus: Trekkers, vee oorhandig aan jeugprojekte in Vrystaat | News Article
LUR Sakie Mokoena. FOTO: Vrystaatse Landboudepartement/Facebook.

Die Vrystaatse Departement van Landbou vier saam met die land Jeugmaand.

LUR Saki Mokoena gaan trekkers en vee oorhandig aan jeugprojekte in onder meer Rosendal, Zastron en Kestell. 

Die palmer amarant-onkruid se weerstand teen onkruiddoders het 'n nedelige uitwerking op graanbedryf se winsgewendheid. Farmer's Weekly se Janine Ryan sê sodra  dit gevestig is, vermeerder dit vinnig en kan totale oesmislukking in onder meer mielies, sonneblom en sojabone veroorsaak. Boere versoek om die beheer van die onkruid ernstig op te neem en 'n langtermynstrategie te implementeer. 

Boere en plaaswerkers is noodsaaklike rolspelers in die landbousektor en is geliefd en word waardeer deur hul gesinne. Nurses on the Move-verpleegster, Fermy Mdlalose, sê dit is belangrik dat hulle ten alle tye omsien na hul gesondheid.

EN

Die Amerikaanse koringmark het deur 'n onstuimige sessie gedruk om met matige verliese te skik ná 'n rondte tegniese verkope. Moskou-amptenare dreig weer om nie verdere verlenging van die Swartsee-ooreenkoms toe te laat nie, wat andersins in die middel van Julie sal verstryk. Die plaaslike koringmark het intussen in kontras met mielies en sojabone verhandel om Donderdag aan die negatiewe kant te sluit.

OFM-nuus











@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.