On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: NVG in Noordwes lê beslag op veediefstal-voertuie

───   ELSABÉ RICHARD 15:00 Fri, 30 Jun 2023

Landbounuus: NVG in Noordwes lê beslag op veediefstal-voertuie | News Article
Foto: Verskaf.

Die Nasionale Vervolginggesag in Noordwes het ’n bewaringsbevel in ’n veediefstalsaak bekom en beslag gelê op bakkies, ’n vragmotor en sleepwaens wat glo gebruik is om gesteelde beeste te karwei.

Die NVG se batebeslagleggingseenheid het ’n Toyota Land Cruiser, ’n Isuzu-bakkie, ’n Hino-vragmotor en twee sleepwaens gekonfiskeer waarmee 27 beeste glo in November 27 vervoer is. Die saak word op 11 Augustus hervat in die hof.

Intussen is ’n sestigjarige vermeende ringleier van ’n veediefstal-sindikaat in hegtenis geneem deur lede van Louis Trichardt se veesdiefstal- en misdaadintelligensie-eenheid. Die polisie het gereageer op ’n klagte van sewe gesteelde beeste wat op ’n Toyota-bakkie se sleepwa gewaar is in ’n landelike omgewing. Die voertuig wat die bakkie vergesel het, het weggejaag, maar die bestuurder van die bakkie is aangekeer. Die verdagte het die polisie na die leier van die bende gelei, wat na verwagting binnekort sal voorkom. 

Byna 80 mense is werkloos gelaat nadat ’n slagpale op Harrismith verlede Vrydag sy deure moes sluit. Die DA sê die sluiting is te wyte aan swak infrastruktuur wat vererger word deur die MAP-16 koalisie wat onbevoeg is om beheer uit te oefen oor die krag- en watervoorsiening in Maluti-a-Phofung. Raadslid Eleanor Quinta sê verskeie ander ondernemings en fabrieke het reeds ondergegaan of verhuis weens dieselfde uitdagings in hierdie gebied.

In die verre weste van die Noord-Kaap kan 'n Noodtoestand waarskynlik afgekondig word weens vloedskade in veral die Nama Khoi-munisipaliteit by Springbok. Motoriste uit Namibië word genoodsaak om deur Alexanderbaai-grenspos te reis na Suid-Afrika weens skade aan die N7 by Vioolsdrift. Swaar neerslae het ook 'n gedeelte van die Spektakelbergpas na Komaggas en Kleinzee weggespoel.

EN

Beesvleis uitvoer kan verhoog word van 4% van plaaslike produksie tot selfs 20%. Die Rooivleisprodusente-organisasie het op sy kongres, in Kimberley gesê uitvoere speel 'n belangrike rol in die stabilisering van die rooivleismark. 

OFM-nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.