On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes verduidelik

───   ELSABÉ RICHARD 11:52 Mon, 10 Jul 2023

Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes verduidelik | News Article
FOTO: Greta Hoffman/Pexels

Op 17 April vanjaar het President Cyril Ramaphosa die nuwe Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes onderteken.

Hoewel daar nog nie besluit is op 'n implementeringsdatum nie, moet produsente wel weet van hierdie wysigingswet, veral die administrasieboetes betaalbaar vir nie-nakoming. 

LEES OOK: Wat loonopgawes bevat wat by Vergoedingsfonds ingedien moet word

OFM-nuus se Elsabé Richard-May gesels met Stephan Pietersen,  stigter van Work Accident Support, hieroor:

Ter inleiding, wat is die rede vir hierdie wysigingswet?

Die Hoof van die Vergoedingsfonds is die Vergoedingskommissaris, maar baie magte is met die Direkteur en die wysigingswet is om meer magte oor te dra na die Vergoedingskommissaris.

Dikwels, wanneer 'n werker 'n ernstige besering opgedoen het, is daar nie voldoende riglyne om die werkers terug te kry in die werkplek nie. So, daar word nou gekyk na hoe om die werkers te rehabiliteer en te herintegreer in die werkplek.

LEES OOK: Nie-nakoming van Vergoedingsfondsregulasies kan tot boetes lei

Die fonds wil ook pensioenbetalings hersien om seker te maak dat werkers wat uitbetalings gekry het vir 'n permanente betaling, nog steeds nie in staat is om enige werk te verrig nie.

Een van die belangrikste aspekte van die wysigingswet is die administrasieboetes wat uitgereik sal vir nie-nakoming. Produsente moet oplet aangesien dit finansiële en wetlike gevolge inhou.

Wat is van die belangrikste administrasieboetes wat jy wil bespreek?

Eerstens moet alle produsente, wat een of meer werkers het, die boerdery registreer met die Vergoedingsfonds om hulle werkers te dek teen werksbeserings, en jaarliks hulle loonopgawe verklaar.

LEES OOK: Korrekte landbou-subklas registrasie belangrik

Tans, as 'n produsent sy lone verklaar ná die sperdatum, sal hy 10% beboet word van die huidige aanslagrekening vir die laat verklaring. Die nuwe wysigingswet gaan die laasgenoemde verander deurdat 'n boete van 10% uitgereik sal word op die lone wat verklaar word.

Prakties:

Aanslagrekening: R50 000 x 10% = R5 000

Lone verklaar om die aanslagrekening te bereken is R500 000: 10% x R500 000 = R50 000

Soos jy kan sien, dit sal 'n groot finansiële las wees vir produsente.

LEES OOK: Produsente versoek om van vergoedingsfondsvoordele gebruik te maak

Watter praktiese raad kan jy vir produsente gee sodat hulle boetes kan vermy?

  • Ongelukkig is daar sowat 25 000 produsente wat by die Vergoedingsfonds geregistreer is, maar wat nie hul lone jaarliks verklaar nie. My voorstel aan hulle is om eerstens hulle lone te verklaar en 'n reëling te tref om die rekening af te betaal indien daar 'n kontantvloeiprobleem is. Daar sal wel boetes uitgereik word vir die laat verklaring, maar dit sal op die boete wees, op die aanslagrekening en nie die lone wat verklaar word nie.
  • Tweedens, produsente wat vir 'n tydperk nie geboer het nie en wat nie lone uitbetaal nie, maar miskien weer begin boer het, kan aansoek doen vir die de-registrasie van die boerdery vir daardie tydperk. Hulle sal dan bewyse moet voorsien dat geen lone uitbetaal is nie. En natuurlik sal die produsent nie 'n rekening hoef te betaal, asook geen boetes nie.

LEES OOK: Loonopgawes is ingehandig, wat nou?

Ongelukkig het ek agtergekom dat produsente nie aansoek gedoen het vir die de-registrasie waar daar glad nie meer geboer word nie. Hulle moet ook aansoek doen vir die deregistrasie, want die rekening sal nog oop wees by die Vergoedingsfonds en hulle sal boetes moet betaal op hierdie rekeninge.

Watter boetes sal dan nog betaalbaar wees?

Sodra 'n rekening uitgereik is, sal die produsent 30 dae kry om die rekening te betaal of om aansoek te doen vir afbetaling. Indien dit nie binne 30 dae betaal word nie, is dit presies dieselfde boete wat uitgereik sal word, soos met die laat verklaring van die boetes waar 'n 10%-boete betaalbaar sal wees op die lone wat verklaar was, en nie 10% op die aanslagrekening wat uitgereik is nie.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.