On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Produsente versoek om van vergoedingsfondsvoordele gebruik te maak

───   05:00 Mon, 11 Jul 2022

Produsente versoek om van vergoedingsfondsvoordele gebruik te maak | News Article

Soos oudergewoonte gesels OFM-nuus se Elsabé Richard-May met Stephan Pietersen, die stigter van Work Accident Support, oor die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.

Pietersen deel meer oor hoe die wet die produsent én sy werknemers beskerm. 

Sien onderstaande PODCAST

Wat is verdere voordele in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes as ‘n werker aan diens seerkry?

Die hoofdoel van die Wet op Beroepsbeserings en -siektes is om vergoeding te betaal aan werkers wat aan diens beseer was of 'n siekte opgedoen het. 

Dit sluit ook in as 'n werker aan diens gesterf het as gevolg van 'n besering of siekte. 'n Goeie voorbeeld van 'n siekte in dié tyd waarin ons nou leef, is iemand wat Covid-19 in die werkplek opgedoen het.

LEES OOK: Voordele van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes

Op watter manier beskerm die wet produsente en werkers?

Produsente wat by die fonds geregistreer is, kan nie aanspreeklik gehou word as 'n plaaswerker beseer word by die werk nie. Dit beteken basies dat 'n beseerde nie die produsent kan dagvaar nie, aangesien daar 'n beginselvrye reël bestaan.

LEES OOK: Loonopgawes is ingehandig, wat nou?

Watter verpligtinge het produsente in terme van die Wet?

As 'n plaaswerker beseer word aan diens en afgeboek is, moet die produsent die loon van die werker betaal. Dié geld kan vanaf die Vergoedingsfonds teruggeëis word tot ‘n maksimum van 75%. 

Werkers wat ernstige beserings opgedoen het en afgeboek is vir ‘n paar maande, moet probeer om ‘n dokter te besoek ten minste eenkeer ‘n maand tot en met sy toestand gestabiliseer het. Indien nie, kan dit die terugbetaling aan die produsent beïnvloed.

LEES OOK: Produsente moet op die uitkyk wees vir valse inspekteurs

Watter voordele is daar as 'n werker beseer word?

Volgens die wet is produsente veronderstel om beseerde werkers vir ‘n tydperk van drie maande te betaal, wat teruggeëis kan word vanaf die vergoedingsfonds. Ná die drie maande, indien ‘n werker nogsteeds van diens afgeboek is, kan hy sy lone direk vanaf die Department van Indiensneming en Arbeid eis. 

Die fonds tree ook soos ‘n mediese fonds op en dokters, hospitale en enige ander mediese diensverskaffers moet hulle fakture aan die vergoedingsfonds stuur vir betaling. 

As 'n werker 'n permanente besering opgedoen het, soos 'n vinger wat geamputeer is, kan die werker in aanmerking kom vir 'n betaling vanaf die fonds. Normaalweg, as die permanente ongeskiktheid minder as 30% is, dan is dit slegs ‘n enkelgeldsom betaling, en wanneer dit meer as 30% is, kwalifiseer so ‘n werker vir pensioen vir die res van sy lewe. So ‘n werker mag nog steeds voortgaan om te werk.

LEES OOK: Maak seker jou boerdery is onder die regte sub-klas geregistreer

Wat as ‘n werker aan diens gesterf het?

In die geval van dood kan die oorledene se vrou en kinders kwalifiseer vir 'n maandelikse pensioen. ‘n Weduwee sal kwalifiseer vir ‘n enkelgeldsom asook ‘n maandelikse betaling vir die res van haar lewe. 

Die kind of kinders sal kwalifiseer vir ‘n maandelikse pensioen tot en met die ouderdom van 18 jaar. 

Die begrafnis onkoste sal ook terugbetaal word aan die persoon wat die kostes gedra het.

LEES OOK: Die vier sub-klasse van landbou en hul tariewe

Wat as die werker nie getroud was of kinders gehad het nie?

In sulke gevalle, indien daar genoegsame bewyse is van afhanklikheid, kan ‘n betaling aan ‘n familielid gemaak word. Geen betalings word gemaak vir pyn en lyding nie en alle betalings vir permanente ongeskiktheid word deur die vergoedingsfonds self bepaal en nie deur die dokter wat die werker behandel het nie.

Stephan Pietersen, 064 360 2638, support@workaccident.co.za

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.