On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Geregtelike ondersoek gedoen ná Noordwes-boer se dood

───   ELSABÉ RICHARD 15:23 Mon, 10 Jul 2023

Landbounuus: Geregtelike ondersoek gedoen ná Noordwes-boer se dood | News Article
FOTO: Chanita Sykes/Pexels.

Die polisie wag nog vir die uitslae van 'n nadoodse ondersoek nadat 'n Noordwes-boer die naweek naby sy plaashek dood gevind is.

Polisiewoordvoerder, Sam  Tselenyane, sê daar is intussen geen nuwe verwikkelinge in dié saak ná Fred Jansen van Rensburg Saterdagoggend deur sy werkers ontdek is nie. Luidens Netwerk24  het Jansen van Rensburg die plaas in die Boshoek-omgewing naby Sun City bestuur, en sou hy en sy twee werkers Saterdagoggend die beeste gaan tel toe hulle sy  die 67-jarige se liggaam ontdek.

Landelike veiligheid bly 'n uitdaging, maar landbou-organisasies en relevante owerhede gaan voort om aandag aan dié kwessie te gee. Die polisie in die Oos-Kaap het met belanghebbendes beraadslaag oor die samestelling van 'n geïntegreerde taakspan om landelike veiligheid te prioritiseer en te verbeter. Daar is ook gefokus op pogings om veediefstal te bekamp. Vrystaat Landbou-president Francois Wilken het intussen aangekondig dat hulle privaat ondersoekers aangestel het om veediefstal in die Fezile Dabi-streek hok te slaan.

Een van die belangrikste aspekte van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes is die administrasie boetes wat uitgereik sal word vir  nie-nakoming. Dit is volgens Work Accident Support-stigter, Stephan Pietersen. Hy sê boere wat een of meer werkers het moet sy boerdery by die Vergoedingsfonds  registreer om werkers teen werksbeserings te dek. Loonopgawes moet ook jaarliks betyds by die Fonds verklaar word.

Zimbabwiese permithouers wat op onder meer Suid-Afrikaanse plase werk, kan ’n sug van verligting slaak, nadat die Gautengse hooggeregshof bevind het dat die minister van binnelandse sake se besluit om dié permitte te beëindig onwettig, ongrondwetlik en ongeldig is. Die hof het bevind dat die proses wat gebruik is om hierdie besluit te neem nie aan die toepaslike wet voldoen nie. 

EN

Na ’n naweek van gasvryheid op Jan Kempdorp en Hartswater soos net die Noord-Kaap kan, spoed Rooikappie die trekker steeds teen 26 km per uur deur die  land. Die dokter met die goeie hart, André Hattingh en sy geselskap het Sondagmiddag laat in Winburg aangekom. Talle siek kinders is al gehelp, skenkings vir  mense in nood is ontvang en die land word opnuut bewus gemaak van die voorkoms van plaasaanvalle en -moord.

OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.