On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Boere versoek om waaksaam te wees terwyl veldbrande versprei

───   ELSABÉ RICHARD 15:58 Thu, 20 Jul 2023

Landbounuus: Boere versoek om waaksaam te wees terwyl veldbrande versprei | News Article
FOTO: Moein Moradi/Pexels.

Die Vrystaatse Departement van Landbou doen 'n beroep op boere om waaksaam te bly terwyl veldbrande versprei.

Byna 100 duisend hektaar weiveld is verwoes in wegholveldbrande by onder meer Zastron, Wepener, Dewetsdorp, Bloemfontein en Reitz. Die departement sê die brandweer bestry steeds brande in Viljoenskroon.

Vrystaat Landbou evalueer voorvalle waar sindikate moontlik betrokke is by veediefstalle. Die organisasie het vroeër vandeesmaand sy privaat ondersoekers-projek bekendgestel het om veediefstal hok te slaan in die Fezile Dabi-distrik rondom Sasolburg. Vrystaat Landbou se Peet Swanepoel sê hulle het reeds verdagtes geïdentifiseer.

Intussen is ’n man van Lesotoho tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir veediefstal. Die onwettige immigrant het byna 160 skape gesteel. Teboho Letsie het in April 2022 erken hy het sy huis verlaat en na Duncan Currie se plaas gegaan, en toe dit donker word skape uit die kraal gejaag.  NVG-woordverder Luxolo Tyali sê twee weke later het inwoners die skape opgemerk en die polisie laat weet.

AfriForum het ’n assesseringsdokument bekendgestel wat boere as ’n riglyn kan gebruik om seker te maak hulle tref die nodige veiligheidsmaatreëls om plaasaanvalle te voorkom. Dit sal boere ook leiding gee oor hoe om doeltreffend op te tree ná so ’n aanval. 

EN

Ernstige bottelnekke kom voor in die koueketting om geslagde diere uit te voer. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, bring ons op hoogte van die lewendehawepryse per kilogram.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.