On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Versigtige optimisme oor voorgestelde regulasies vir ligging van radioteleskope

───   ELSABÉ RICHARD 15:53 Fri, 21 Jul 2023

Landbounuus: Versigtige optimisme oor voorgestelde regulasies vir ligging van radioteleskope | News Article
FOTO: SPDO/TDP/DRAO/Swinburne Astronomy Productions - SKA Project Development Office and Swinburne Astronomy Productions, CC BY 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=11315190

Die VF Plus is versigtig optimisties oor die voorgestelde regulasies vir die ligging van die internasionale SKA-projek se radioteleskope vanweë die potensiële uitwerking daarvan op landbou.

Die party sê hoewel die verminderde voetspoor van 4 hektaar vir elke antenna sommige vrese kan weerlê, duur plaaslike vee-aktiwiteite en grondeienaars se probleme voort. Boonop is die afwesigheid aan heinings rondom die SKA se grond, 'n uitdaging vir die bestuur van roofdiere. 

Seisoenwerkers in die Wes-Kaap se werk is in die gedrang weens oorstromings wat sowat R1 miljard se skade aangerig het. Hy sê die oorstromings wys klimaatsverandering is 'n werklikheid. 

Sowat 45% van die staatsveeartsposte op nasionale en provinsiale vlak is vakant. Landbou-minister Thoko Didiza, het onlangs skriftelik gereageer op parlementêre vrae van die DA se Noko Masipa. Didiza sê die situasie het sedert 2019 versleg toe die vakatures van 35% tot 45% toegeneem het. Die getal goedgekeurde poste is afwaarts aangepas van 324 in 2019 tot die huidige 287.

Katoenverbouding in Noordwes is ’n lewensvatbare alternatief vir mielie- en sojaboonproduksie. Vaalharts Katoenprodusente uitvoerende hoof Louis Olivier, sê katoen is winsgewender as mielies en sojabone ondanks hoë insetkoste. Die produsenteprys in die omgewing van Lichtenburg, Delareyville en Schweizer-Reneke staan op R12 000 per ton, vergeleke met 'n mielieprodusenteprys van R3 200 per ton is, en sojabone se R8 000.

EN 

Goeie nuus vir onder meer landbou is dat Transnet International Container Terminal Services Inc. angewys is as die aandelevennoot vir Pier 2 van die Durbanse Vraghouer Terminaal. Die SA Sitruskwekersvereniging sê dit is veral goed vir arbeid by die Durbanse hawe op lang termyn, aangesien die nuwe vennoot sal help om die beste praktykprestasie te herposisioneer en in te voer, wat groei in volume-deurset verseker. Die vereniging beklemtoon dat ‘n doeltreffende hawe noodsaaklik is vir uitvoersektore soos voertuie, mynbou en landbou.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.