Agriculture
Vrystaat-plaasmoord: Polisie geloof vir inhegtenisneming van 7 verdagtes─── ELSABÉ RICHARD 08:25 Wed, 26 Jul 2023
Vrystaat Landbou (VL) en politieke partye loof die polisie vir hul speurwerk en vinnige inhegtenisname van sewe verdagtes weens die moord op Mike Pattinson by Harrismith.
VL veroordeel dié plaasmoord ten sterkste en betuig sy medelye met die oorledene se familie. Hy was die hoof- finansiële beampte by die privaat skool Harriston op Harrismith en het alleen op die plaas Summerslie gewoon.
LEES OOK: Gemeenskap in rou ná moord op Vrystaatse boer
VL sê huisroof en 'n vermiste persoon is Maandag 24 Julie deur sy broer, Phillip Richard Pattinson, by die Harrismith-polisiekantoor aangemeld. ’n Werker het hom gekontak nadat hy opgemerk het dat die kombuisdeur oopgebreek is.
Die huiswerker sê Pattinson is nog Saterdag omstreeks 17:00 gesien. VL sê die misdaad is moontlik Saterdagnag gepleeg.
ALSO READ: Seven suspects arrested for the murder of Harrismith farmer
"Inligting oor die ligging van die oorledene se voertuig is deur die polisie opgevolg en dit is tot by die Lejwaneng Village in die Tseseng-gebied in Qwaqwa agtervolg.
"Die liggaam van die oorledene is met kop- en nekwonde in die huis gevind, asook geroofde items waarop beslag gelê is."
Politieke partye veroordeel plaasmoord
Die VF Plus het ook sy skok en afgryse uitgespreek oor die moord op Pattinson.
LEES OOK: AfriForum maak veiligheid makliker vir boere
Vrystaat VF Plus-leier Jan van Niekerk sê hulle doen ’n beroep op boere om hulself te beveilig en binne die raamwerk van die wet hulself te verdedig en alle mag moontlik te gebruik om hul lewe te verseker en te beskerm.
"Boere moet kennis neem van die lafhartige manier waarop hierdie misdadigers omgaan om boere te vermoor, en dat dit nooit ’n geval is waar een misdadiger kom om ’n boer te vermoor nie, maar dat dit altyd in ’n geval soos hierdie minstens vier of vyf mense is wat kom om boere te vermoor.
LEES OOK: Kommer oor traagheid om landelike veiligheidstrategie te implementeer
"Dit is iets om van kennis te neem, want jy moenie staatmaak daarop dat jou kragte meer sal wees as die misdadigers s’n nie."
Die DA het ook sy kommer oor plaasaanvalle en -moorde uitgespreek. Roy Jankielsohn, provinsiale leier, sê hulle is bekommerd oor landelike veiligheid veral die toename in plaasaanvalle die afgelope paar maande landwyd en in die Vrystaat.
LEES OOK: Minister versoek om ingryping deur veiligheidsberaad te versnel
Hy sê die moord wat in Harrismith plaasgevind het, is kommerwekkend en die party sal voortgaan om druk op die regering uit te oefen om beter veiligheidsmaatreëls vir landelike gemeenskappe in te stel, veral die boeregemeenskap.
Boere en hul werkers verskaf voedselsekerheid in die land en moet as ’n nasionale bate beskou word, sê Jankielsohn.
Hofverskyning
Die DA se Alison Oats het 'n versoek aan die gemeenskap en boere gerig om Donderdag 27 Julie om 09:00 by die Tseseng-hof in Qwaqwa te wees vir die borgtogaansoek van die verdagtes wat in aanhouding is vir die moord op Pattinson.
Sy sê ’n massabyeenkoms is van kardinale belang sodat hierdie verdagtes nie vrygelaat word en vrylik in ons strate rondloop nie.
“VL glo dat geregtigheid sal seëvier, dat genoegsame bewyslas in die howe sal lei tot suksesvolle vervolging met swaar vonnisse vir die oortreders,” sê Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee.
