Agriculture
Landbounuus: Woede oor owerheid se onvermoë om landelike veiligheid te verseker─── 15:00 Thu, 03 Aug 2023
Die reaksie van die gemeenskap buite Brandfort se landdroshof is die gevolg van mense wat raadop is met die owerheid se onvermoë om landelike veiligheid te verseker.
'n Skare boere en anderbelangstellendes het Woensdag buite die hof saamgekom om twee vroueboere en 'n man te ondersteun wat aansoek gedoen het om borgtog, nadat hulle aangekeer is oor die siviele inhegtenisneming van drie vermeende veediewe. Terselfdertyd het 'n skare mense, onder wie een van die vermeende veediewe, daarteen betoog. Die VF Plus sê die tekort aan polisievoertuie is een van die redes wat die polisie aanvoer dat hulle nie by diefstaltoenele kan uitkom nie. Ses openbare orde polisievoertuie is agter buite die hof gewaar.
Die DA wil by Noordwes se regering weet of die provinsiale rampbestuur-sentrum daartoe in staat is om brande en ander rampe die hoof te bied. Die party eis ook ’n onafhanklike ondersoek na Saterdag se brand by die Vredefortkoepel-erfenisgebied, waarin een mens dood is, meer as 25 000 hektaar se weiveld verwoes is en talle veevrektes voorgekom hets. Boere in die omgewing het die JB Marks-brandweer van POtchefstroom ontbied, maar kort voor lank moes brandbestryders die aftog blaas omdat hulle brandstof opgeraak het.
Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling bied volgende week die 13de Brics Landbouministersberaad in Limpopo aan. Die minsters sal koppe bymekaarsit oor voedselsekerheid, klimaatsverandering, landelike ontwikkeling en uitdagings soos armoede en bevolkingstoename. Thoko Didaza se departement sê die tema van die beraad op 'n landgoed naby Mookgophong is die versterking van samewerking vir volhoubare landbouproduksie en verhoogde produktiwiteit.
Die Internasionale Graanraad beraam Suid-Afrika se 2023/24 mielieproduksie op 15,6 miljoen ton, minder as die huidige oes van 16,4 miljoen ton.
EN
Lee Wilson, ’n boer van die Amerikaanse deelstaat Kansas het onlangs sy vrou op hul 50ste huweliksherdenking verras met ’n goudgeel veld vol 1,2 miljoen sonneblomme. Renee was onbewus daarvan dat hy vanjaar sy gewone gewasse verruil het vir ’n veld vol blomme vir haar. Dit was betyds in blom vir die herdenking – en vir sy vrou was dit die mooiste liefdesbrief ooit.
