On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Wat is nuut in Farmer's Weekly?

───   ELSABÉ RICHARD 07:48 Fri, 11 Aug 2023

Wat is nuut in Farmer's Weekly? | News Article
FOTO: Polina Kovaleva/Pexels.

Inmaakvrugteproduksie bly onder druk met boere wat sukkel om wins te maak.

Jacques Jordaan, uitvoerende hoof van die Inmaakvrugteprodusentevereniging, het op die algemene jaarvergadering wat in die Wes-Kaap gehou is, verwys na 'n produksiekosteberaming deur optimale landboubesigheidstelsels, wat aangedui het dat die koste vir appelkose met sowat R180 000 per hektaar gestyg het. 

Daarteenoor het koste vir perskes met R217 000 per hektaar gestyg, en R202 000 per hektaar vir pere, as 'n opbrengs op belegging van 10% belê is.

Jordaan sê inmaakvrugteprodusente verloor in hierdie stadium geld en raai hulle aan om maniere te vind om produksie te verhoog.

Hy waarsku egter ook boere moenie kortpaaie kies om koste te verminder nie, deur byvoorbeeld te probeer bespaar op kunsmis- of spuitkoste. Dit kan ernstige gevolge inhou vir die gehalte van vrugte en die goeie reputasie van Suid-Afrikaanse ingemaakte vrugte op die internasionale mark.

Janine Ryan, redakteur van Farmer's Weekly, sê dat hulle vandeesweek ook fokus op die onwettige smokkel van bedreigde spesies. Sy sê Gerald van der Westhuizen van Gauteng is onlangs met R1 miljoen in die streekhof in Kempton Park beboet vir sy rol in die smokkel van Sungazer-reptiele uit Suid-Afrika.

’n Man in Gauteng is met R1 miljoen beboet vir die smokkel van reptiele. FOTO: SANBI

Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife Suid-Afrika sê dit was die hoogste boete waarvan hy nog gehoor het vir smokkelary.

Van der Westhuizen se vonnis is met die helfte vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie aan 'n soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie. 

Sy vrou, Elisha, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Dit is geheel en al vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat sy nie skuldig bevind word aan die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad nie.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.