On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Byna 80 plaasaanvalle in tweede kwartaal van 2023 aangeteken

───   ELSABÉ RICHARD 14:04 Wed, 16 Aug 2023

Landbounuus: Byna 80 plaasaanvalle in tweede kwartaal van 2023 aangeteken | News Article
FOTO: Bruno Cervera/Pexels.

Altesaam 76 plaasaanvalle het voorkom in die tweede kwartaal van 2023.

AfriForum Gemeenskapsveiligheidswoordvoerder Jacques Broodryk, sê hulle het reeds met die bekendmaking van die eerste kwartaal se syfers gewaarsku as misdadigers nie vasgestrek word nie, kan dié soort misdade toeneem. Broodryk sê hoe meer mense betrokke raak by gemeenskapsveiligheidsgroepe, hoe doeltreffender sal dié netwerke word.

NWK se Epko-sonneblomoliepersaanleg op Lichtenburg kan sedert begin van vandeesmaand nie produseer nie. Dit is weens die Ditsobotla-munisipaliteit se grootskaalse elektrisiteitsonderbreking. Die aanleg pers 600 ton saad per dag om 210 ton se ru-olie te lewer, maar kry nou soms selfs net agt uur se krag per dag. NWK-woordvoerder, Nicolene Smalman, sê nadat 'n transformator op 27 Julie onklaar geraak het, is ‘n nuwe geïnstalleer. Maar Eskom weier om kragtoevoer na Lichtenburg te herstel tot Ditsobotla minstens R123 miljoen se skuld betaal.

Intussen sê munisipale woordvoerder Pius Batsile om verligting aan geaffekteerde gebiede in Lictenburg te bring, het die munisipaliteit plaaslike rotasie-beurtkrag in werking gestel. Swak dienslewering het verlede jaar daartoe gelei dat Clover se kaasfabriek op Lichtenburg gesluit en sy aanleg na KwaZulu-Natal verskuif het.

Sowat 7 000 nuwe werkgeleenthede is in die tweede kwartaal in die landbousektor geskep. Maar terselfdertyd het werkgeleenthede in geskoolde landbou met 17 000 afgeneem. Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het Dinsdag aan SABC News gesê die algehele werkloosheidsyefr is nou net oor die 42%. 

EN 

Suid-Afrika het goeie sitrus-uitvoer na China en Rusland, terwyl Indië belofte begin toon. Die SA Sitruskwekersvereniging sê Rusland is al jare lank 'n belangrike bestemming vir Suid-Afrikaanse sitrus. Sedert Suid-Afrikaanse sitrus in 2004 toegang tot China verkry het, het uitvoer drasties toegeneem. Uitvoer na Indië bly egter ver onder potensiële vlakke weens moeilike toegang en hoë invoertariewe.

OFM Nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.