On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

TLU SA kondig finaliste in vanjaar se Jongboerkompetisie aan

───   ELSABÉ DE JAGER 08:53 Thu, 31 Aug 2023

TLU SA kondig finaliste in vanjaar se Jongboerkompetisie aan | News Article
Foto: M1DDL3 M7N/Pexels.

Francois Prinsloo en Nicky van der Linde, albei van Mpumalanga, en Nets Turvey van Limpopo is as die topdrie in vanjaar se TLU SA Jongboerkompetisie aangewys.

Die wenner word op 6 September by die jaarkongres aangekondig. 

Hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, sê inskrywings is vanjaar van oral oor die land ontvang. 

Die beoordelaarspaneel, wat vanjaar uit sewe lede bestaan, het al die finaliste op hul plase besoek. Hulle was beïndruk met die dinamika van die jonger geslag boere.

Aspekte wat tydens die beoordelingsproses ’n blywende indruk gelaat het, was die boere se positiewe toekomsvisie asook die wete dat daar na winsgewendheid gestreef moet word.

Van Zyl sê uitsonderlike pryse wag op die boer wat met dié spogtitel wegstap.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.