On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Noordwes-boere se gemoedstoestand laag ná veldbrande

───   ELSABÉ RICHARD 14:26 Wed, 13 Sep 2023

Landbounuus: Noordwes-boere se gemoedstoestand laag ná veldbrande | News Article
Foto verskaf deur Eric Stoch van die Noordwes-sambreelbeskermingsvereniging.

Sommige Noordwes-boere is terneergedruk oor die geweldige skade weens veldbrande in dele van die provinsie.

Voorlopige skattings dui op 'n ekonomiese verlies van R3 miljard. Agri Noordwes se Naudé Pienaar sê hulle sukkel om voerskenkings te kry vir boere in nood. Naudé sê boere is bekommerd oor die res van die brandseisoen.

Intussen is die onmiddelike behoefte van boere in die Perdeberg-omgewing buite Kimberley, ook veevoer vir hul diere. Dit volg ná veldbrande die afgelope naweek. Perdeberg Boerevereniging se Willie Geldenhuys sê die omgewing gaan jaarliks onder brande gebuk.

'n Vermeende veedief en moordenaar kom einde Oktober weer voor in Vanderbijlpark se landdroshof. Die NVG sê die aanklagte spruit uit 'n voorval in November 2021 toe die oorledene, Christiaan van Tonder - 'n jong Vrystaatse boer – 31 beeste verkoop het aan die beskuldigde, Fredrick Botha.

Die getal kommersiële beesboere het die afgelope 10 jaar met meer as die helfte afgeneem. Dis luidens die Mededingingskommissie se jongste moniteringsverslag oor noodsaaklike voedselpryse wat tendense beklemtoon in kruidenierswinkel-kleinhandelaarmarges. Woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê die verslag toon ook kleinhandelprys vir beesvleissnitte het nie vanjaar gedaal nie. Die kleinhandelaaraandeel het gevolglik 40% van die rakprys bereik, die hoogste sedert begin 2021.

EN

Die Beefmaster-groep het die aanstelling van Gert Blignaut as sy nuwe uitvoerende hoof aangekondig, effektief 1 Oktober. Blignaut neem die leisels oor by Louw van Reenen, wat uit die rol tree om hom toe te spits op sy gesin, ná 16 jaar se toegewyde diens. Die Beefmaster-groep sê Blignaut het homself bewys as 'n waardevolle uitvoerende hoof en raadslid, en sien uit na sy bydrae as 'n leier van die groep. Van Reenen word intussen op 1 Oktober Uitvoerende Voorsitter van die Beefmaster-groepraad.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.