On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Onwettige storting, vullis lei tot dierevrektes by Dealesville-meentgrond

───   ELSABÉ RICHARD 15:01 Thu, 14 Sep 2023

Landbounuus: Onwettige storting, vullis lei tot dierevrektes by Dealesville-meentgrond | News Article
Foto verskaf deur Tokologo-DA-raadslid, Hismajesty Maqhubu.

Die meentgrond op Dealesville het twee dinge gemeen: vuilheid en grootskaalse onwettige storting.

Kleinskaalse boere van Dealesville het kwaai verliese gely toe hul diere in groot getalle gevrek het op die dorp se meentgrond. Al die meentgrond het twee dinge gemeen: vuilheid en grootskaalse onwettige storting.

Druiwe- en rosyntjieprodusente van die Benede-Oranjerivier gaan gebuk onder ryp weens die kouefronte wat die land getref het. Raisins SA sê produsente staan aan die begin van ‘n nuwe seisoen met ‘n goeie winter agter die rug. Ryp het egter skade aangerig aan vroeë kultivars.

Die verantwoordelike gebruik van antibiotika is lewensbelangrik om kuddegesondheid te handhaaf. Maar die beesbedryf sukkel met die voorkomende gebruik van antibiotika in die behandeling van siektes.

Beefmaster-groep sê dit lei tot misbruik van dié dieremadisyne, wat kan lei tot antibiotika-weerstandigheid. Die verskaffer van beesvleisprodukte sê meer moet gedoen word om die gevaar van onverantwoordelike antibiotikagebruik te verduidelik, en beklemtoon die belangrikheid van ingeligte besluitneming in antibiotikagebruik by beeste.

Pryse vir lewendehawe vekreer nogmaals onder druk. Die groot veldbrande verhoog toestroming van vee. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, sê die verhoging in brandstofpryse sal ook aanvraag verminder. Hy bring ons op die hoogte van die lewendehawe-pryse per kilogram.

EN

Die hoogtepunt van die veebedryf by vanjaar se NAMPO ALFA is die internasionale interras kampioenskap wat vir die eerste keer sedert 2019 weer volledig aangebied sal word. Veeprogram-organiseerder, Lizette Vermaak, sê kwalifiseerders van die 12 grootste skoue in die land, verteenwoordigend van die beste vleisbeestelers, sal ook by dié ekspo wees. NAMPO ALFA vind plaas van 12 tot 14 Oktober by NAMPO Park buite Bothaville.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.