On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Behandeling van diere tydens veldbrande

───   ELSABÉ RICHARD 14:57 Thu, 21 Sep 2023

Landbounuus: Behandeling van diere tydens veldbrande | News Article
Foto verskaf deur die Noordwes-sambreelbeskermingsvereniging.

Boere moet hulself op die hoogte bring van hoe om diere te behandel wat seergekry het in veldbrande.

Spoedige en gepaste, verstandige optrede tydens veldbrande is noodsaaklik om verliese sowel as dierelyding te beperk.

AfriForum het ’n amptelike hofaansoek by die Appèlhof ingedien waarin hy versoek dat waarnemende appèlregter Raylene Keightley onttrek van die “Kill the Boer”-saak. Die hof se registrateur het AfriForum se regspan vroeër ingelig Keightley het versoek om nie nou te reageer nie. ÁfriForum Openbare betrekkinge-hoof, Ernst van Zyl, sê die regter wil liewer wag tot hulle ’n amptelike hofaansoek bring.

Die Hoofgrondeisekommissaris en minister van Landbou het misluk in hul poging om 'n landbou-organisasie te verhoed om toegang te kry tot inligting oor grondeise. Saai sê Dinsdag se hofuitspraak en -bevel beklemtoon die departemente se “onbehoorlike gedrag” as die primêre rede vir hul mislukking. Uitvoerende beampte, Francois Rossouw, sê die huidige stelsel skep ruimte vir bedrog en berokken plase en die mark daarvoon skade.

Ter plaatse besoeke aan finaliste in die Toyota/Agri SA Jongboer van die Jaar begin vandag. Sentraal-Suid-Afrikaanse boere wat 'n kans het om as wenners bekroon te word, is Lukas Lessing van die Vrystaat, Jaco Pieterse van die Noord-Kaap en Gideon van Zyl van Noordwes. Die kompetisie bied 'n geleentheid vir passievolle boere om hul liefde vir die sektor ten toon te stel deur beoordelaars onder meer te be-indruk met hul daaglike beplanning en plaasbestuur.

EN

Die landboudepartement herinner troeteldiereienaars om hul honde in te ent teen hondsdolheid. September is Hondsdolheidsmaand terwyl Wêldhondsdolheiddag jaarliks op 28 September herdenk word. Staatsveearts, Dr Alicia Cloete, waarksku dat mense ook besmet kan raak nadat hulle gebyt word deur onder meer 'n besmette hond.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.