Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 07:43 Mon, 25 Sep 2023
Foto deur Kelly/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydag met 1,45% gedaal.
- Die rede vir die terugval in rooi word verklaar deur ongunstige uitvoerverkope data van die USDA, sowel as volgehoue oesvordering wat afwaartse druk op die prys plaas.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met ‘n afwaartse tendens verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober het met R42/ton (-1,06%) gedaal en teen R3 924/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober 2023 met R63/ton (-1,63%) gedaal en teen R3 809/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydag met 2,00% gedaal. Die res van die sojakompleks het ook in die rooi verhandel.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R80/ton (-0,85%) gedaal en teen R9 330/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R50/ton gedaal en teen R9 357/ton verhandel.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydag 2,21% laer verhandel.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met effense afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 met R0/ton onveranderd verhandel en teen R6 500/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R34/ton gedaal en gesluit teen R6 160/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
