On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:33 Tue, 03 Oct 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Susanne Jutzeler, suju-foto/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 2,34% gedaal.
  • Volgens die Internasionale Graanraad (IGC) word verwag dat globale mielieproduksie ná die 2022/23-seisoen se vermindering met 5% sal herstel in die 2023/24-seisoen. 
  • Dit sal dan die produksievlakke herstel na die tweede hoogste vlak op rekord. Verder gaan internasionale handel vir 'n derde agtereenvolgende jaar afneem, hoofsaaklik as gevolg van 'n daling in die Europese Unie-invoer.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met effense opwaartse tendens verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober met R69/ton (+1,71%) geklim en teen R4 093/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober 2023 met R25/ton (+0,64%) geklim en teen R3 905/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Maandag met 1,95% gedaal.
  • Volgens die IGC verwag die vooruitsigte vir die 2022/23-seisoen ‘n 368 miljoen ton sojaboonoes, wat 'n uitbreiding van 3% jaar-op-jaar kan meebring. 
  • Die globale verbruik sal na verwagting vir 'n tweede jaar krimp, afgeneem deur 'n duik in verwerking in Argentinië. 
  • Sojaboonhandel sal met 8% op 'n jaargrondslag toeneem, aangevuur deur China en Argentinië se aankope.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met sterk afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R132/ton (-1,41%) gedaal en teen R9 218/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R115/ton gedaal en teen R9 230/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydag 0,14% laer verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 489/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R54/ton (-0,87%) gedaal en gesluit teen R6 200/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.