On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Kwik styg skerp maar reën op pad, sê weerkundige

───   ELSABÉ RICHARD 16:23 Wed, 04 Oct 2023

Landbounuus: Kwik styg skerp maar reën op pad, sê weerkundige | News Article
Foto deur Pixabay via Pexels.

Die kwik het sedert begin Oktober skerp gestyg, wat daarop dui die winter is verby.

Hoë temperature word voorspel vir Sentraal-Suid-Afrika tot in die tweede week van Oktober. Landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê inwoners kan vanaf omstreeks die 10de 'n sug van verligting slaak aangesien reën voorspel word, wat die wêreld sal afkoel.

Tegnologiese beleggings kan die Noord-Kaap se ekonomie laat groei en volhoubare voedselproduksie verseker. Die provinsiale landboudepartement het pas sy Farm-Smart-program bekendgestel. Sol Plaatje-burgemeester, Kagisho Sonyoni sê die program sal boere help om kunsmatige intelligensie deel te maak van hul bedrywighede. 

’n Finale verbeuringsbevel is deur die hooggeregshof in Kimberley aan die Valke uitgereik vir ’n voertuig wat in ’n veediefstalsaak gebruik is. Die polisie het in April 2021 onraad vermoed en op 30 skape afgekom toe hulle die voertuig deursoek. Valke-woordvoerder, Nomthandazo Mnisi, sê die vyf insittendes kon nie eienaarskap van die vee bewys nie.

Die room van die Suid-Afrikaanse beestelerbedryf tel die dae af na die jaarlikse Nampo Alfa-ekspo van 12 tot 14 Oktober op Nampopark by Bothaville. As deel van die uitstalling is agt van Suid-Afrika se beste vleisbeestelers uitgenooi om hul stoetdiere uit te stal en stoeterye bekend te stel. Hul beeste, wat reeds as kampioene aangewys is op 13 streekskoue, sal hier meeding om die titel nasionale interraskampioen.

Intussen is biosekuriteitmaatreëls getref vir vanjaar se NAMPO ALFA Lewendehawe-, Jag- en Buitelewe Ekspo. Bek-en-klouseer het die laaste jare ‘n nadelige uitwerking gehad op dié geleentheid se lewendehawe-getalle. NAMPO ALFA-lewendehawe-organiseerder, Albert Loubser, sê met behulp van V-Plan kan goeie biosekuriteitsprotokolle nou landwyd toegpas word tydens groot vee-geleenthede.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.