Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 08:32 Mon, 23 Oct 2023
Foto deur David Roberts/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydag met 2,64% hoër verhandel.
- Die styging in prys word grootliks ondersteun deur 'n sterk uitvoervraag, sowel as Brasilië se finale produksiepotensiaal te midde van droogtetoestande wat vroeg in die 2023/24-seisoen ervaar is.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met skerp opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober met R139/ton (+3,47%) geklim en teen R4 142/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober met R111/ton (+2,91%) verhandel en teen R3 930/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Vrydag met ‘n 0,34% opwaarts verhandel.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R30/ton (-0,32%) gedaal en teen R9 370/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R18/ton gedaal en teen R9 410/ton.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydag met 2,38% opwaarts verhandel.
- Koringpryse het 'n styging gesien, gedeeltelik as gevolg van 'n sterk stel uitvoerdata wat Donderdag deur die Verenigde State se Departement van Landbou vrygestel is.
- Die styging in koringpryse kan ook verklaar word deur bespiegelings oor China se belangstelling in die verkryging van bykomende voorrade van Amerikaanse SRW (Soft Red Winter) koring.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 met R29/ton (-0,47%) verhandel en teen R6 171/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R9/ton (+0,15%) geklim en gesluit teen R6 150/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
