On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Uitken van aanvallers ontstellende ervaring vir boervrou

───   ELSABÉ RICHARD 13:27 Mon, 23 Oct 2023

Landbounuus: Uitken van aanvallers ontstellende ervaring vir boervrou  | News Article
Janet Prinsloo. Foto: Facebook

'n Boervrou van Limpopo sê die uitkenningsparade van haar vermeende aanvallers was ontstellend omdat geen glas haar van hulle geskei het nie.

Janet Prinsloo, eienaar van Biltong go Back-padstal tussen Vaalwater en Lephalale, is in Augustus oorval en vasgebind nadat sy teruggekeer het na haar huis op die plaas. Die Pos berig Prinsloo wil weens dié voorval die plaas verkoop wat al amper ’n eeu in haar familie is. Die een verdagte, wat sy moes uitken tussen 'n groep van 20 mans, is in hegtenis geneem en sal binnekort na die toneel geneem word om moontlike uitwysings te maak.

Suid-Afrika het daarin geslaag om meer as 34 500 metrieke ton hoendervleis en 1,9 miljoen broei-eiers in te voer. Dit word toegeskryf aan die voëlgriep-uitbreking  wat groot verliese vir pluimveeprodusente tot gevolg gehad het. Die Landboudepartement sê byna 6 000 dag oue kuikens is ook ingevoer.

Beesvleispryse sal na verwagting verbeter namate die vraag toeneem voor die feestyd. Dis 'n tendens wat versterk kan word deur die verminderde beskikbaarheid van pluimvee weens die voëlgriep-uitbreking. Volgens die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid bly die vraag na skaapvleis laag omdat dit die duurste vleissoort is, wat daartoe lei dat pryse vir skaapvleis in ooreenstemming is met internasionale tendense en verlede maand met -2,3% gedaal het.

Die Mededingingskommissie het met openbare sittings oor sy varsproduktemarkondersoek begin. Die kommissie beoog om te ondersoek of enige kenmerke in die varsproduktewaardeketting mededinging in die mark belemmer, beperk of verwring.

Die Benede Oranjerivier-distrik is nie net vir sy klimaat van uiterstes bekend nie, maar ook vir sy wyne. Ses van die Oranjerivier-wynkelders se wyne het erkenning ontvang met Veritas-pryse as wyne van uitsonderlike gehalte. Besoek Gemsbok se Facebook-blad vir die jongste nuus van Upington en omstreke.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.