Agriculture
Landbounuus: Omvang van veldbrandskade by Philippolis nog onbekend─── ELSABÉ RICHARD 14:48 Tue, 31 Oct 2023
Duisende hektaar se weiding is verwoes en honderde diere is doodgebrand.
Die landbouvereniging by Philippolis is steeds besig om die skade van die naweek se brande te probeer bepaal. In die Suid-Vrystaat, en veral Philippolis, het brande die naweek vir drie dae aaneen gewoed en ongekende skade aangerig. Duisende hektaar se weiding is verwoes en honderde diere het doodgebrand.
Intussen het die oostelike dele van die land die afgelope dae van die koudste weer ervaar tot nog toe vanjaar. Die maksimum dagtemperature het gister in Bethlehem net 5 grade Celsuis bereik.
Die minister van bosbou, visserye en omgewingsake, Barbara Creecy, en haar departement sloer om gepaste stappe te doen nadat duisende buitebande by 'n bandbergingsplek by Biesiesvlei, groot omgewingskade tydens 'n brand aangerig het. Dit blyk uit 'n antwoord op 'n vraag van die VF Plus in die Nasionale Raad van Provinsies. Die brand, wat in Julie ontstaan het weens 'n veldbrand, het boonop uitgebreek nadat die VF Plus reeds in Mei vir Creecy gewaarsku het oor die omgewingsgevaar wat dié aanleg vir die omgewing in hierdie ekologies sensitiewe landbou-gebied inhou.
Die Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms oor dele van Noordwes. Dit kan lei tot skade aan nedersettings, asook oorstromings van vatbare paaie, laagliggende gebiede en brûe in onder meer Lichtenburg, Ventersdorp en Hartbeespoortdam. Die weerdiens sê groot hoeveelhede klein hael kan ook voorkom.
EN
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou het die besluit van die Registrateur verwelkom om Karoolam as 'n geografiese aanduiding in die Staatskoerant in te sluit. Dis kragtens regulasies vir die beskerming van geografiese aanduidings en oorsprong-benamings. Hierdie registrasie beteken die unieke maniere waarop Karoolam geproduseer word, word erken vir sy hoë gehalte en standaarde en sal beskerm word.
