On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:17 Mon, 06 Nov 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Arina Krasnikova/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydag met 1,05% gedaal.
  • Hierdie afname in pryse is te wyte aan teleurstellende uitvoersyfers van die Amerikaanse Departement van Landbou.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met algemense afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in November 2023 het met R5/ton (-0,13%) gedaal en teen R3 913/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in November 2023 met R16/ton (-0,43%) gedaal en teen R3 708/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Vrydag met 0,99% geklim.
  • Hierdie verhoogde pryse is te danke aan droë weer in Suid-Amerika en die vraag na Amerikaanse sojabone wat toegeneem het.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2023 met R58/ton (-0,63%) gedaal en teen R9 162/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R3/ton geklim en teen R9 223/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydag met 0,68% opwaarts verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand koringkontrak vir lewering in November 2023 het met R23/ton (+0,39%) opwaarts verhandel en teen R5 877/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R19/ton (+0,32%) geklim en gesluit teen R5 875/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.