On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Bees van die week: Beef Shorthorn

───   ELSABÉ RICHARD 15:00 Tue, 07 Nov 2023

Bees van die week: Beef Shorthorn | News Article
Johann en sy pa Hendrik Strydom stel hul drie-jarige Beef Shorthorn-bul by ten toon by NAMPO ALFA 2023.

Volgens die Beef Shorthorn-vereniging het dié bees bygedra tot die ontwikkeling en algemene verbetering van baie ander beesrasse.

Die Beef Shorthorn word deur Hendrik Strydom, eienaar van Amadeus Cattle Company by Petrusburg in die Vrystaat, beskryf as ‘n beesras met onder meer baie goeie vleiskwaliteit.

Die Beef Shorthorn is die mees gedokumenteerde beesras in die geskiedenis van beeste. 

Hendrik en sy seun, Johann, het onlangs by NAMPO ALFA hul Beef Shorthorn-bul ten toon gestel.

Luister na Hendrik se gesprek met OFM Nuus se Elsabé Richard-May:

Volgens die Beef Shorthorn-vereniging het dié bees bygedra tot die ontwikkeling en algemene verbetering van baie ander beesrasse. 

Met sy lang en vooraanstaande geskiedenis, wat tot so lank terug as 1822 gedokumenteer is, word daar bespiegel dat dié beesras se genetika bygedra het tot veertig ander rasse, wat vleis- en melkbeeste regoor die wêreld insluit.

"Vandaar die gesegde: Shorthorns, the Universal Improvers," skryf dr. Bert Moore van die vereniging.

Johann Strydom met die Beef Shorthorn-bul by vanjaar se NAMPO ALFA by NAMPO Park.

“Dis ‘n bees met baie goeie vleiskwaliteit, klein kalfies, hulle groei vinnig en het baie melk.

“Dis regtig een van daai beesrasse wat nie probleme veroorsaak nie – hulle maak die probleme reg,” vertel Hendrik.

Vir meer inligting oor die Beef Shorthorn besoek gerus die telersgenootskap se webtuiste.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.