Agriculture
Landbounuus: Lande skort pluimveeprodukte vanuit Suid-Afrika op weens voëlgriep─── ELSABÉ RICHARD 14:11 Tue, 07 Nov 2023

Die department sê boere wat versoek het om vrygeskeld te word van die slagting van voëls, het biosekuriteitsmaatreëls ontvang waaraan hulle moet voldoen om nie ander plase in gevaar te stel nie.
Botswana, Namibië en Lesotho het die handel opgeskort in lewende voëls, insluitend dagoud kuikens, eiers en vleis van Suid-Afrika. Die Departement van Landbou sê Saoedi-Arabië het ook 'n tydelike verbod geplaas op vleishandel van provinsies wat deurloop onder voëlgriep. Alle plase met positiewe gevalle is onder kwarantyn. Die department sê boere wat versoek het om vrygestel te word van die slagting van voëls, het biosekuriteitsmaatreëls ontvang waaraan hulle moet voldoen om nie ander plase in gevaar te stel nie.
Boere in die distrik Philippolis is in die wolke oor goeie reënval die naweek. Die welkome reën volg op vernietigende veldbrande verlede naweek wat bestempel word as van die ergste in dié dorp se 200-jarige bestaan. Inwoner Jens Friis sê duisende diere het gevrek en baie skade is aan infrastruktuur aangerig.
Die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika-forum (Agoa) het afgesluit met talle onbeantwoorde vrae. Daar is onsekerheid of die ooreenkoms verleng sal word, of die inhoud daarvan verander sal word en of Suid-Afrika steeds die voordele sal geniet. Die ooreenkoms met Amerika is aanvanklik ontwerp as 'n tydelike agtjaar handelsvoordeel, wat sedertdien geweldig voordelig vir landbou-ondernemings was. Dr. Dion George, DA-woordvoerder oor finansies, sê dit kan gebeur dat Suid-Afrika van die ooreenkoms uitgesluit word.
As deel van die Wes-Kaapse regering se verbintenis tot 'n klimaatvaste toekoms vir die provinsie, is ’n ooreenkoms onderteken met die Skool vir Klimaatstudies van die Universiteit Stellenbosch. Ivan Meyer, provinsiale landbouminister, sê die ooreenkoms beklemtoon die provinsiale regering se strewe om klimaatsverandering veerkragtig die hoof te bied.
EN
Die Sitrus Akademie het ’n program ontwikkel om leerders in sitrusstreke die geleentheid te bied om ’n kwalifikasie in sitrusproduksie te behaal. Die Sitruskwekersvereniging sê die program word volgende jaar landwyd van stapel gestuur. Sestien skole sal dit invoer in onder meer Kakamas in die Noord-Kaap. Na verwagting sal 300 leerders daarvoor inskryf.
OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné