On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Percheron, 'n majestueuse perd – KYK

───   ELSABÉ RICHARD 16:00 Wed, 08 Nov 2023

Percheron, 'n majestueuse perd – KYK | News Article
Jan Engelbrecht, voorsitter van die Percheron-genootskap in Suid-Afrika/OFM Nuus.

‘n Volgroeide Percheron moet tussen 16 en 16-twee-hand hoog wees. Daar is wel hoër Percherons, veral in Amerika, wat tot 18 hand hoog is.

As jy 'n aanhanger is van sprokiesverhale sal dit nie moeilik wees om met die eerste oogopslag agter te kom dat die Percheron 'n perd is wat perfek by enige prinses sal pas.

Dié bielie van 'n perd was onlangs by NAMPO ALFA in volle aksie gesien. Dis 'n perd wat nie misgekyk kan word nie weens sy groot struktuur en majestueuse voorkoms.

Die Percheron is oorspronklik van Le Perche, Frankryk in die Normandië-distrik. 

Dit is geteel uit groot geboude merries en Arabier-hingste.

Jan Engelbrecht, voorsitter van die Percheron-genootskap in Suid-Afrika, sê hulle is al so ver terug as 1892 in Suid-Afrika. Dit terwyl die genootskap in 1939 in die land geregistreer is. 

“Die arabierkop kan mens baie keer in die Percheron sien.  Ons praat van dit as die gesig uitdroog dan lyk die kakebeen meer soos ‘n Arabierse kakebeen,” verduidelik Engelbrecht.

‘n Volgroeide Percheron moet tussen 16 en 16-twee-hand hoog wees. Daar is wel hoër Percherons, veral in Amerika, wat tot 18 hand hoog is.

Luister meer oor dié perd:

Die Percheron Telersgenootskap van Suid-Afrika waarsku voornemende kopers om ten alle tye seker maak dat die diere wat hulle aanskaf by veilings, verkope of skenkings ten volle geregistreer is by dié genootskap. 

Dit is is die enigste wettige telersgenootskap van Percheron-perde in Suid-Afrik en is  geafillieer by SA Stamboek.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.