Agriculture
Landbounuus: Brandbestryders, grondeienaars probeer om brand by Oppermansgronde te blus─── ELSABÉ RICHARD 13:58 Tue, 14 Nov 2023

Brandbestryders en grondeienaars is besig om ’n teenbrand te maak in ’n gebied waar daar ’n tydelike beheerlyn is.
Working on Fire-spanne is op die toneel van 'n veldbrand by Oppermansgronde in die Vrystaat. Die Vrystaatse Sambreelbrandbeskermingsvereniging se Johan Breytenbach sê spanne en grondeienaars is besig om 'n teenbrand te maak in 'n gebied waar daar 'n tydelike beheerlyn in is.
Die landboudepartement doen 'n beroep op politieke partye om nie verkeerde kommentaar te lewer nie omdat dit die sektor kan benadeel. Dit volg nadat hy vereistes gepubliseer het vir landbou-uitvoer na sekere lande, wat volgens hom verkeerd geïntepreteer is. Woordvoerder, Reggie Ncgobo, sê die departement het vereistes in twee uitgawes van die Staatskoerant gepubliseer wat die prosedure uiteensit vir uitvoer na die Europese Unie en Brittanje om voordeel te trek uit voorkeurtariefkwotas vir sekere landbou- en landbouverwerkte produkte.
Intussen is TLU SA bekommerd oor die onsekerheid wat mettertyd geskep is deur die Departement van Landbou se beleidsomgewing. Die organisasie sê dié onsekerheid het weer na vore gekom ná die herpublisering van regulasies oor die uitvoer van sekere landbouprodukte na onder meer die EU. Hoofbestuurder Bennie van Zyl sê die verwagtinge wat deur swart ekonomiese bemagtiging geskep word, beperk die groei en volhoubaarheid van die landbousektor.
Die polisie in Noordwes is op soek na die verdagtes wat betrokke was in ‘n plaasaanval buite Vryburg in die Reivilo-distrik. ‘n Bejaarde egpaar is Vrydagoggend aangeval nadat inbrekers toegang tot hul huis verkry het deur die veiligheidshek met ‘n tang oop te breek. Die 68-jarige vrou is op die toneel dood verklaar en haar man is ernstig beseer. Die verdagtes het gevlug in die egpaar se Ford Ranger-enkelkajuitbakkie. Dit is later gevind in Kuruman in die Noord-Kaap.
EN
Skaap- en beespryse is, soos in ander wêrelddele, heelwat laer as vorige jare. Landbou-ekonoom, Frikkie Maré sê redes vir Suid-Afrika se lae pryse is hoofsaaklik weens die ekonomiese verval, droogtes en onwettige slagtings.
OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné