On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Wateropvangsgebiede: Agri SA verwelkom stigting van bestuursagentskappe

───   10:20 Thu, 13 Jun 2024

Wateropvangsgebiede: Agri SA verwelkom stigting van bestuursagentskappe | News Article
Janse Rabie, AgriSA se hoof van natuurlike hulpbronne. Foto: Agri SA

“Georganiseerde landbou verwelkom die bekendstelling van nuwe agentskappe vir die bestuur van wateropvangsgebiede.”

Die bekendstelling van vier opvangsbestuursagentskappe (CMAs) deur die Minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, tydens die Waterinstituut van Suider-Afrika (WISA) se konferensie wat hierdie week in Durban plaasvind, verteenwoordig ’n ware mylpaal vir waterbestuur, sê Janse Rabie, AgriSA se hoof van natuurlike hulpbronne. “Dit behoort deur alle Suid-Afrikaners gevier te word.”

Hy sê CMAs is bedoel om die bestuur van waterhulpbronne weg van die nasionale regering te desentraliseer en is dus fundamenteel tot die behoorlike toepassing van die Nasionale Waterwet (36 van 1998) en die Nasionale Waterhulpbronne Strategie van Suid-Afrika. CMAs is spesifiek saamgestel om beter te reageer op die behoeftes van watergebruikers en vinnige besluitneming rondom waterhulpbronnebestuur te neem.

In terme van Hoofstuk 8 van Suid-Afrika se Nasionale Waterwet, is CMAs verantwoordelik vir die beskerming, gebruik, ontwikkeling, bewaring, bestuur en beheer van al die waterhulpbronne in daardie spesifieke waterbestuursgebied (WMA). Alle regeringsfere, watergebruikers, en gemeenskappe in die WMA moet as vennote saam met die CMAs werk.

Onder Minister Mchunu se leiding het die Departement van Water en Sanitasie die aantal CMAs verander om die Limpopo-Olifants, Vaal-Oranje, Pongola-Umzimkulu, Mzimvubu-Tsitsikamma, Breede-Olifants en Inkomati-Usuthu WMAs te dek.

“AgriSA het hom aktief beywer vir die stigting van CMAs as deel van sy algehele waterstrategie vir die Suid-Afrikaanse landbousektor. As die grootste gebruiker van Suid-Afrika se waterhulpbronne (ongeveer 60%), het die sektor ’n gevestigde belang in die goeie bestuur van hierdie mees belangrike van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne,” sê Rabie.

“AgriSA en sy geaffilieerde lede sien uit na konstruktiewe deelname in die verskeie CMA-strukture en wens die Departement van Water en Sanitasie geluk met hierdie belangrike mylpaal. Ons wens die nuut-aangestelde raad en personeellede van die CMAs alle sterkte toe in die uitvoering van hul pligte en verantwoordelikhede.”

Verklaring verskaf cg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.