Agriculture
Agri Credit Solutions bied verhoudingsgedrewe finansiering in uitdagende tye─── 11:00 Tue, 13 May 2025
Sponsored11:00 Tue, 13 May 2025
In ’n tyd waarin produsente toenemend gekonfronteer word met onvoorspelbare weerstoestande, hoë insetkoste en markonstabiliteit, beklemtoon Agri Credit Solutions hul verbintenis tot volhoubare, persoonlike ondersteuning aan die landbousektor.
Francois de Kock, uitvoerende bestuurder van Agri Credit Solutions, sê die moderne boer benodig ’n kredietvennoot wat nie net nommers verstaan nie, maar mense. “Die moderne boer is ’n besigheidsman. Hy het kredietverskaffers nodig wat sy unieke omstandighede verstaan en betyds oplossings kan bied. Ons span werk daagliks met produsente. Ons ken die boerderye, die omgewing en die siklusse waarmee hulle werk.”
In teenstelling met die gedigitaliseerde benadering van baie finansiële instellings, handhaaf Agri Credit Solutions ’n sterk verhoudingsgebaseerde model. Besluite word nie outomaties geneem nie, maar deur ’n kundige kredietspan wat elke kliënt se konteks in ag neem. Die onderneming maak wel optimaal gebruik van data om waardevolle insigte en voorstelle te bied – van insetfinansiering tot strategiese uitbreiding.
De Kock sê hul produkte is spesifiek ontwikkel om produsente te help om nie net deur moeilike seisoene te kom nie, maar ook om in sulke tye groeigeleenthede te benut. “Boerdery is ’n langtermynbesigheid. Ons verstaan die impak van ekstreme weersomstandighede – van droogtes tot oorstromings – op kontantvloei en beplanning. Ons finansiering gee produsente die ruimte om betyds te beplan en te produseer.”
Hy nooi produsente om tydens NAMPO die Senwes-standplaas te besoek om met Agri Credit Solutions se span te gesels. “Kom drink ’n koppie koffie, bring jou vrae – ons luister, ondersteun en help beplan vir sukses.”