On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

AgriSA waarsku teen wysigingswetsontwerp

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Thu, 14 Aug 2025

AgriSA waarsku teen wysigingswetsontwerp | News Article

AgriSA waarsku teen die Wysigingswetsontwerp op Minerale Hulpbronne en sê dat dit in die huidige vorm heelwat beduidende risiko’s vir SA inhou.

AgriSA spreek kommer uit oor die konsepwysigingswetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale Hulpbronne (2025) wat in Mei 2025 vir openbare kommentaar deur die departement minerale en petroleumprodukte gepubliseer is. Terwyl die wetsontwerp voorgee om regulering meer vaartbelyn te maak en inklusiewe ontwikkeling te bevorder, hou die huidige vorm beduidende risiko’s in vir Suid-Afrika se landbousektor, voedselsekerheid en plattelandse volhoubaarheid.

Bepalings in die wetsontwerp gee toegang tot private landbougrond sonder enige betekenisvolle oorlegpleging of vergoedingsvereistes. Grondwetlik beskermende eiendomsreg word ondermyn en dit bedreig die lewensvatbaarheid van boerderybedrywighede, veral in hoëpotensiaallandbousones.

Die afwesigheid van omgewingsimpakbeoordelings en afdwingbare rehabilitasiewaarborge stel grondeienaars bloot aan langtermynagteruitgang sonder herstelgeleenthede.

AgriSA is diep bekommerd dat die wetsontwerp nie aan ’n sosiaal-ekonomiese-impaktstudie (SEIA) onderwerp is, soos deur die kabinetsbeleid vereis word nie. Buiten die wetsontwerp bly die breër verhouding tussen mynbou en landbou gespanne.

LEES OOK: Vrystaat Landbou: Kongres beklemtoon wortels van veerkragtigheid

AgriSA doen ’n beroep op die regering om die huidige wetsontwerp terug te trek en dit aan ’n volledige SEIA te onderwerp, bindende toestemming van grondeienaars vir mynbou op te stel, mynbouwetgewing met die wet op Bewaring en Ontwikkeling van landbougrond (PDALA) te laat ooreenstem, ’n enkelbaantoelatingstelsel te vestig en ’n omgewing- en waterimpakbeoordeling vir alle mynboubedrywighede af te dwing.

Suid-Afrika se toekoms hang af van ’n gebalanseerde benadering tot hulpbronontwikkeling wat die regte van boere respekteer, die omgewing beskerm en langtermynvoedselsekerheid verseker. 

AgriSA bly daartoe verbind om die belange van boere te verseker en streef na ’n behoorlik gereguleerde, deursigtige en volhoubare mynbedryf.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.