On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

SA Stamboek is leiers in prestasiemeting

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 10 Sep 2025

SA Stamboek is leiers in prestasiemeting | News Article
Prestasiemeting is ’n noodsaaklike hulpmiddel om boerdery volhoubaar te bedryf. Foto: Pexels.com

SA Stamboek is ’n organisasie wat ’n verskil maak wanneer prestasiemeting ter sprake kom met die versameling van databasisse, programme en diere-aantekeningsbehoeftes wat ’n diens is wat deur SA Stamboek gelewer word.

Die Logix-stelsel wat deur SA Stamboek gebruik word is ’n versameling van databasisse en programme wat die diere-aantekeningsbehoeftes van ’n wye spektrum van rolspelers in die veebedryf hanteer, van telers en eienaars van suiwergeteelde diere, tot die personeel van registrerende owerhede, prestasie-aantekeningsagentskappe, nasionale en provinsiale regeringsinstansies, adviseurs, konsultante en verwante bedryfsorganisasies.

Data vanaf die plaas en diere word omgeskakel in nuttige en bruikbare bestuursinligting en plaasprogramme kan direk met die SA Stamboek-stelsels data uitruil. Spesialis-raad fokus op elke kudde se unieke behoeftes.

Deurlopende ontwikkeling, verbetering

SA Stamboek streef na deurlopende ontwikkeling en verbetering asook daarna dat genetiese meriete van kuddes, bestuursverslae en veilingskatalogusse by een organisasie gesetel en beskikbaar is.

“Die strewe moet altyd wees om die diere wat die beste aangepas is in hul omgewing op die mees winsgewende en effektiewe manier te kies om sodoende optimale volhoubaarheid te verseker,” sê dr. Bobbie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek.

“Dit is belangrik dat boere in Suid-Afrika wat nou deur bek-en-klouseer in die gesig gestaar word, gemakliker met metings en rekordhouding doeltreffendheid kan verseker en sodoende ook volhoubare naspeurbaarheid.” Dit sluit in diere wat skuif en oorplasings na voerkrale.

Wêreldklasnavorsing, wêreldleierskap in teling, genomiese seleksie en samewerking met die Universiteit van Pretoria en ander plaaslike universiteite word aangebied om te verseker dat lede ’n professionele en wetenskaplike diens ontvang.

As ’n vereniging dien SA Stamboek meer as 60 telersgenootskappe. Dit is die tuiste en spreekbuis van die stoetbedryf met ’n missie om ’n daadwerklike bydrae te maak tot die verbetering van die produksie-doeltreffendheid van plaasdiere in Suid-Afrika.

SA Stamboek maak gebruik van die Logix-stelsel om diere-aantekeningsrekords te doen. Foto Verskaf

SA Stamboek se Logix-diereregistrasie- en produksie-aantekeningstelsel word gebruik vir vleisbeeste, suiwelbeeste, perde, skape, bokke, wild, varke, honde en ander spesies.

Kursusse en opleiding aan lede waarin hulle blootgestel word aan die nuutste tegnologie word ook op gereelde basis by die organisasie aangebied.

OFM Agri/Isabel van Tonder cvs


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.