On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Naspeurbaarheid en marktoegang verbeter in rooivleisbedryf

───   ISABEL VAN TONDER 13:35 Thu, 06 Nov 2025

Naspeurbaarheid en marktoegang verbeter in rooivleisbedryf  | News Article
Beter stelsels kan die rooivleiswaardeketting verbeter. Foto: Pexel.com

Die Red Meat Industry Services (RMIS) het Donderdag (6/11) amptelik die tweede fase van die RMIS Naspeurbaarheidsplatform bekendgestel.

Hierdie platform bring Suid-Afrika ‘n groot stap nader aan volledige veenaspeurbaarheid om siektebestuur te verbeter en marktoegang te ondersteun.  Die geleentheid, bygewoon deur John Steenhuisen, minister van landbouminister, saam met verteenwoordigers van georganiseerde landbou en ander belanghebbendes, het die waardeketting se belangrikheid beklemtoon.

Dit het gewys hoe “Global Location Numbers” (GLS) binne bestaande stelsels vasgevang word, bewegingsdata gedeel en naspeurbaarheidsverslae geskep word, wat ook siektenasporing moontlik maak.

Phillip Oosthuizen van RMIS tydens die onlangse byeenkoms Foto: RMIS

Om die stelsel te verbeter, het RMIS ook die RMIS Movement App bekendgestel – ’n gratis, gebruikersvriendelike hulpmiddel ontwikkel vir produsente wat nog nie digitale veebestuursisteme gebruik nie.

Vir die eerste keer kan stelsels dierebewegingsdata in ’n gestandardiseerde formaat veilig deel, met die produsent se toestemming, sonder dat hulle ekstra stelsels hoef te gebruik of data dubbel hoef vas te lê. 

Met die bekendstelling van Fase 2 bied die RMIS Naspeurbaarheidsplatform nou praktiese oplossings vir sommige van die bedryf se mees volgehoue uitdagings soos abattoirvlak-naspeurbaarheid, uitvoernakoming en verbeterde siektebeheer.

Die platform bevat ook funksies wat gedurende die onlangse bek-en-klouseer-uitbrekings ontwikkel is, soos ’n openbare bek-en-klou-gevalkaart en outomatiese WhatsApp-kennisgewing vir verbruikers. Die RMIS Movement App sal beskikbaar wees via die Google Play Store en sal heeltemal gratis wees om toegang regdeur die rooivleiswaardeketting te verseker.

Die platform is ’n hoeksteen van die Rooivleisbedryfstrategie 2030 en spreek een van die sektor se grootste gapings aan: die afwesigheid van ’n gesentraliseerde naspeurbaarheidstelsel. 

Fase 2 lê die grondslag vir intydse siektebeheer, betroubare uitvoersertifikate en inklusiewe deelname op alle produsentevlakke. Dit help om Suid-Afrika se rooivleiswaardeketting veiliger en meer doelgerig te maak.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Verklaring mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.