On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Nuwe syfers toon toename van bek-en-klouseer in Vrystaat

───   ISABEL VAN TONDER 06:40 Sat, 20 Dec 2025

Nuwe syfers toon toename van bek-en-klouseer in Vrystaat | News Article
Bek-en-klou gevalle styg steeds en almal in die veebedryf moet hul samewerking gee. Foto: Pexel

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling sê die getal gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat staan nou op 149.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling sê die getal gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat staan nou op 149.

Dertien afsonderlike uitbrekingsgebiede is geïdentifiseer, wat strek oor agt plaaslike munisipaliteite.Die nuwe gevalle is aangeteken in Parys/Vredefort en Deneysville/Sasolburg areas. 

Die Noord-Vrystaat loop die ergste deur, spesifiek Viljoenskroon/Vredefort met 50 gevalle, gevolg deur Deneysville/Sasolburg met 34 en Parys/Vredefort met 26.

By Cornelia/Frankfort en Kroonstad is tien gevalle elk aangemeld, ses by Edenville en drie by Bothaville. Clocolan, Heilbron, Tweeling en Vrede het twee gevalle elk en Odendaalsrus en Marquard een elk. Die departement gee voorkeur aan die inenting op besmette plase en het onmiddellik begin om virale lading en verspreiding te beperk.

Die aantal bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat staan tans op 149. Foto: Pexel

Beperkings op beweging is ingestel op alle plase binne ’n 10 km-radius, en die besmette plase is onder kwarantyn geplaas.

Die departement vra boere, bedryfsvennote en alle belanghebbendes om saam te werk om dié siekte te bekamp. Dit sluit in die identifisering en voorkoming van enige onwettige beweging van diere en die onmiddellike aanmelding van enige moontlike gevalle.

Kragtens die Staatskoerant No. 51512 van 13 Junie en die Dieresiektewet, vra die owerheid boere, afslaers en spekulante om die beweging van hoefdiere te beperk, streng biosekerheidsmaatreëls na te kom en nuwe vee 28 dae in kwarantyn te hou en noukeurig boek te hou van alle vee.

Enige verdagte gevalle moet so gou moontlik by die staatsveearts aangemeld word. Die departement herinner mense daaraan die beweging van diere onder kwarantyn, sonder die nodige dokumentasie, is ’n misdaad. Die maatreëls is lewensbelangrik om die veebedryf te beskerm.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder  cvdw


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.