Agriculture
Flash Gala-veldtog bring rooi appels na meer as 100 mijoen verbruikers─── ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 31 Mar 2026
Die Flash Gala-bemarkingsveldtog kry sterk momentum en versterk die handelsnaam se posisie as ’n selfstandige winsgewende appelaanbod in kernmarkte.
Internasionale markte sluit in Suid-Afrika, China, Indië, die Verenigde Arabiese Emirate, Maleisië en Saoedi-Arabië. “Veldtogte op sosiale media, vennootskappe met wêreldwye belanghebbendes, en nuutonwikkelde kommersiële en handelsnaammateriaal het ons in staat gestel om met verbruikers oor verskeie markte te skakel,” sê Conrad Fick, bemarkingsdirekteur vanTru-Cape Marketing.
“Tot dusver het die veldtog ’n sterk invloed gehad en 73,8 miljoen mense is in 2024 bereik. In 2025 het dit tot 113,8 miljoen toegeneem. Dit beklemtoon die vinnig groeiende sigbaarheid van die Flash Gala-handelsnaam in internasionale markte.” 
Digitale platforms speel 'n groot rol in die veldtog van Flash Gala. Foto: Tru-Cape
Digitale platforms soos YouTube, Facebook, Instagram en TikTok speel ’n sentrale rol in die veldtog se groei. Die strategie is verder ondersteun deur advertensies in toonaangewende bedryfspublikasies en die vervaardiging van ’n nuwe wêreldwye advertensie wat die gehalte en verbruikersaantrekkingskrag van Flash Gala-appels beklemtoon.
Die direkteure van Pink Vein en eienaar van BigBucks Gala verwag die bemarkingsmomentum sal in die komende seisoen verder versnel. Die advertensie- en promosiebegroting sal toeneem, ondersteun deur hoër Flash Gala-verkope en die finansiële bydrae wat deur die handelsnaam gegenereer word.

Die rooi Flash Gala-appel word 'n gerespekteerde naam in wêreldmarkte. Foto: Pexel
Flash Gala se rooi appels word die verkose en gerespekteerde naam in die wêreldmarkte. Dit word ook toegeskryf aan bekende handelsname wat deel vorm van die venootskap soos Tru-Cape, Core en Dutoit Agri.
“Die doel is om Flash Gala as ’n premium handelsnaam te posisioneer. Dit blyk die doelwit is besig om ’n werklikheid te word,” sê Anthony Rathbone-Viljoen, direkteur van Pink Vein.
“Danksy goeie bemarking, toenemende verbruikersherkenning en wêreldwye verspreiding,vestig Flash Gala hom geleidelik as ’n premium appelhandelsnaam in internasionale markte.”
• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.
