On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Ashmund
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - O my wêreld, eet van piesang is toe al die tyd verbode

───   15:19 Tue, 02 May 2023

Weird Wide Web - O my wêreld, eet van piesang is toe al die tyd verbode | News Article
Uitstalbeeldkrediet: Gaurdian News YouTube

Die kunswerk, genaamd Comedian, was deel van die Italiaanse kunstenaar Maurizio Cattelan se uitstalling WE by Seoul se Leeum Museum of Art, en het bestaan uit 'n ryp piesang wat teen 'n muur vasgeplak is.

Sommige mense sou dink sy kunswerk is goed genoeg om te eet – of dalk was dit net ’n geval van verbode vrugte.


Maurizio Cattelan se kunswerk het die naweek sy trefkrag verloor nadat ’n honger Suid-Koreaanse student 'n piesang geëet het, wat deel daarvan was.

Noh Huyn-soo van die Universiteit van Seoul het ’n veer gevoel en die piesang doodluiters van die muur afgeruk en dit voor die omstanders opgeëet.


Hy het gedink hy is baie oulik en die skil teen die muur vasgeplak, maar die museum moes dit later met 'n vars piesang vervang. Sy vriend het die petalje verfilm wat sowat ’n minuut geduur het.


“Die student se reaksie was dat hy honger was,” het ’n museumwoordvoerder aan CNN gesê.


"Dit het skielik gebeur en geen spesiale stappe is gedoen nie. Die kunstenaar (Catelan) is ingelig, maar hy het nie daarop reageer nie,” sê die woordvoerder.


In video's wat aanlyn geplaas is, kan gehoor word dat iemand sê "verskoon my", maar die student maak of hy dit nie hoor nie.

Lees meer hier: 'Hungry' South Korean student takes banana from Maurizio Cattelan's art installation from wall and eats it | World News | Sky News

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.