On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

OFM Nights

‘Suidooster’-storielyn plaas soeklig op geslagsgeweld

───   17:47 Wed, 16 Jun 2021

‘Suidooster’-storielyn plaas soeklig op geslagsgeweld | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met ‘Suidooster’ se Jawaahier Petersen oor haar karakter se storielyn op die gewilde kykNET-sepie. Luister na die gesprek hier.

Die karakter Kaashifa, gespeel deur Jawaahier Petersen, het diep in kykers se harte ingekruip toe sy in 2019 haar eerste verskyning op die kykNET-sepie, ‘Suidooster’ gemaak het.

LUISTER OOK: Marinda Engelbrecht het 'n nuwe kookboek

Haar jongste situasie is een waarmee baie vroue en mans kan vereenselwig.  

Kaashifa, wie onlangs met die aptekersassistent Imraan (gespeel deur Marlo Minnaar) afgehaak, was skaars terug van wittebrood toe die krake in hulle huwelik begin wys het. Nie net is Imraan besitlik en agterdogtig nie, hy kan skaars sy woede beteul wanneer dit by sy vrou kom.

LUISTER OOK: Milan Murray se 'My Story Tribe'-projek

Petersen, wat ‘n meestersgraad in maatskaplike werk het, verduidelik aan OFM Nights se Renaldo Schwarp hoe vroue (en mans) in sulke huwelike beland en wat die oplossing is. Luister na die potgooi hieronder.


Podcasts

‘Suidooster’-storielyn plaas soeklig op geslagsgeweld:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.