On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

OFM Nights

Desiré Gardner hou haarself deesdae óók skrywer

───   17:18 Wed, 30 Jun 2021

Desiré Gardner hou haarself deesdae óók skrywer | News Article

Die tweede seisoen van 'Lui maar op, Belinda' is binnekort op die kassie. OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Gardner - wie deel van die skryfspan was. Luister na die potgooi hieronder.

kykNET-komedie, 'Lui maar op, Belinda' is van Maandag 5 Julie terug op die kassie om kykers se lagspiere kielie.  

LEES OOK: ‘Suidooster’-storielyn plaas soeklig op geslagsgeweld

Die eerste seisoen van dié gewilde komedie is in 2019 uitgesaai, met Brümilda van Rensburg in die naamrol, en Annelisa Weiland (Annetjie), Eric Nobbs (Frans), en Duncan Johnson (Ian) wie die res van die rolverdeling voltooi.

Die skryfspan bestaan uit Marcel Spaumer, Desiré Gardner en Corné van Rooyen.

Desiré, wat tot onlangs in die kykNET-sepie, 'Suidooster', te sien was, was ook by die skryfproses van die vorige reeks betrokke. Sy gesels met Renaldo Schwarp oor die skryfposes en verklap ook watter karakter haar gunstelling was om voor te skryf. Luister na die potgooi hieronder:

Verskeie ander bekendes soos June van Merch, Hannes van Wyk, en Marco Spaumer maak ook hul verskyning in die tweede seisoen.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.