On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: Vrystater Hanna Malan reik enkelsnit uit vanuit Europa

───   18:33 Tue, 03 Aug 2021

Klanktoets: Vrystater Hanna Malan reik enkelsnit uit vanuit Europa | News Article

Hanna Malan, ‘n Suid Afrikaanse liedjieskrywer, musiekvervaardiger en sangeres wat tans in Europa woon.

Sy gesels met OFM Nights se Renaldo Schwarp oor haar jongste enkelsnit, Alle Paaie.

LEES OOK: 1925 Band se 'Al wat ek oor het'

Hanna Malan is oorspronklik ‘n plaasmeisie van die Vrystaat, maar haar liefde vir reis het haar laat besluit om vir ‘n paar jaar na Kopenhagen, Denemarke te verhuis.

Nes die kunstenaar self, is haar musiek gegrond in hierdie twee wêrelde, en kan luisteraars uitsien na ‘n kombinasie van akoesties-geïnspireerde folk en Skandinawiese synth-pop.

Haar musiek het ‘n sterk fokus op betekenisvolle lirieke, en Alle Paaie is geen uitsondering nie. “Die liedjie gaan vir my oor die hunkering na nuwe avonture en om gemaksones fisies en psigies te verlaat in die soeke daarna.”

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.