On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: William Wolf se 'Liefde Gemaak'

───   14:04 Tue, 22 Jun 2021

Klanktoets: William Wolf se 'Liefde Gemaak' | News Article

William Wolf het onlangs sy die jongste enkelsnit, 'Liefde Gemaak' - ook die titelsnit van sy nuwe album, vrygestel en gesels met OFM Nights se Renaldo Schwarp oor die liedjie en musiekvideo.

Volgens William Wolf skryf hy alewig notas op sy foon en die liedjieskryf proses raak maklik as mens ’n sterk tema het.

LEES OOK: Zaan Sonnekus se 'Ek kan net bid'

Na bykans 18 jaar in die musiekindustrie en talle treffersnitte wat hy vir top kunstenaars geskryf het, het Wolf al verskeie hoogtepunte wat hy kan afmerk.



LEES OOK: Juan Casey en Danie Reënwolf se 'Vry'

Die musiekvideo vir 'Liefde Gemaak', is aan die begn van Junie vrygestel met die Droomdag-kompetisie - wat ook op sy sosiale media afgeskop het.  
 
Met dié kompetisie, wat vanjaar vir die tweede keer plaasvind, maak Wolf ’n opkomende kunstenaar se drome waar. Die wenner ontvang ’n prys ter waarde van meer as R75 000 wat insluit: ’n unieke liedjie geskryf deur William Wolf, die opname en vervaardiging van die liedjie, ’n musiekvideo en ’n volle publisiteitspakket wat die omslagontwerp asook bemarking op die enkelsnit insluit.

 
Enige kunstenaar kan hiervoor inskryf, met meer details op William Wolf se Facebook-blad.

Luister na William se gesprek met Renaldo Schwarp hieronder:


Podcasts

William Wolf se 'Liefde Gemaak':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.