On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: Callie se 'Kol op die maan'

───   19:45 Tue, 31 Aug 2021

Klanktoets: Callie se 'Kol op die maan' | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met die plaaslike sanger oor sy enkelsnit, 'Kol op die maan'.

Bykans vyf jaar nadat ‘n 49-jarige sanger van Pretoria, Carel Sebastiaan (of sommer net Callie), sy eerste konsert in die Atterburry-teater aangebied het (sommer net omdat hy kon), het hy uiteindelik sy eerste enkelsnit vrygestel.

LEES OOK: Lillia Lessev new song promotes self love

Die wag was beslis die moeite werd, want 'Kol op die maan' is ‘n metafiktiewe storievertel-liedjie wat so tussen verskillende genres rondbeweeg.  

En net soos die legende Lance James, het Callie se stem so metterjare ook soos ‘n goeie  1983-oesjaar geword; ryp, goedgedruif. Hy beweeg met gemak tussen ‘n bariton en tenoor en klouter oor die laer note net so rats soos ‘n katjie in ‘n boom.

Dit is juis waarom die nou 53-jarige sanger se Kol op die maan, wat hy toevallig ook self neergepen het, so ‘n groot verrassing is, want Callie erken ruiterlik dat hy nie té veel van musiek af weet nie.

Luister na die potgooi hieronder.


Podcasts

Klanktoets: Callie se 'Kol op die maan':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.