On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

OFM Nights

Albert Pretorius oor nuwe dramareeks, 'Nêrens, Noord-Kaap'

───   18:24 Wed, 01 Sep 2021

Albert Pretorius oor nuwe dramareeks, 'Nêrens, Noord-Kaap' | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met akteur Albert Pretorius oor die nuwe dramareeks op kykNET. Luister na die potgooi hieronder.

In 2017 debuteer die dramaturg en regisseur Nico Scheepers se toneelstuk Nêrens, Noord-Kaap by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein. Die akteurs wat die rolle van die drie Adendorff-broers speel,Geon Nel, Albert Pretorius en De Klerk Oelofse, speel die gehoor stil. 

LEES OOK: Oud-Bloemfonteiner oor 'Devilsdorp'-reeks

Die stuk het siel en ’n reuse-hart en in 2018 wen die spelers die Fiësta-toekenning asbeste ensemble. 

In Desember 2018 kry Nico ’n versoek van kykNET: Kan Nêrens, Noord-Kaap nie as dramareeks ontwikkel word nie? Nico stem in op een voorwaarde – Geon, Albert en De Klerk moet weer die Adendorff-broers wees.

Nêrens, Noord-Kaap, het Dinsdag 31 Augustus om 20:00 op kykNET begin en dié wat dit al onder oë gehad het, stem saam: Hierdie is ’n reeks wat nie misgeloop mag word nie. 


Podcasts

Skuif reg vir 'Nêrens, Noord-Kaap':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.