OFM Nights
Klanktoets: Kate Rok se 'Maangenade'─── 18:29 Thu, 28 Oct 2021
OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Kate Rok oor haar debuut enkelsnit. Luister na die potgooi hieronder.
Kate Rok lyk soos ’n donkerkop superster... met ’n Voortrekkerkappie... maar sy is simbolies van die sterk vroue wat sy bewonder, asook haar onwrikbare trots op haar kultuur en herkoms.
LEES OOK: Tasché stel nuwe enkelsnit en musiekvideo bekend
Haar musiek is net so uniek en emosievol soos die vrou wat dit skep en sy bewys dit met haar eerste enkelsnit, MAANGENADE.
Hierdie veelsydige musikant en liedjieskrywer, wat in Bethlehem gebore is en in Clarens woon, het nie nodig om ’n plek in die plaaslike musiekbedryf te kom verdien nie. Sy het eenvoudig haar plek vol selfvertroue kom inneem, Voortrekkerkappie en al, met die bekendsteling van MAANGENADE op alle digitale platforms op haar verjaarsdag, 1 Julie 2021.
Kyk die musiekvideo hieronder:
