OFM Nights
Nuwe VIA TV dokkie deel stories van inspirasie─── 13:30 Wed, 10 Nov 2021

Dié November vier VIA die inspirasiestories van 13 merkwaardige mense in die uur lange dokumentêr, Rachel’s Angels: Inspirasiestories.
Die mentorskapprogram, Rachel’s Angels wat van 2007 tot 2016 aktief was, het honderde leerlinge en studente ondersteun en voorberei vir die uitdagings wat wag op tersiêre vlak.
LEES OOK: Nataniël deel '107 Kaalkoppe' en kerswenke
Die mentorskapprogram het ’n groot verskil gemaak aan jong mense uit minderbevoorregte gemeenskappe en onderbediende skole wie se toekoms dikwels daardeur handomkeer verander het.
In die dokkie beskou prof. Rachel Jafta, stigter van die mentorskapprogram, 13 mentors en gementordes se stories.
In die potgooi hieronder deel een van die gementordes, Monique Mortlock die waarde van die program en watter rol mentorskap in haar lewe gespeel het. Meeste Suid-Afrikaaners ken vir Monique as eNCA verslaggewer en TV-joernalis.
*Hierdie dokumentêr sal op Showmax Free gelaai word. Dit is hierdie platform: https://www.showmax.com/eng/welcome-free.