OFM Nights

Boekhoek: Marinda se kinderkombuis met Sjef Sout en Prof Pretzel

───   19:05 Mon, 15 Nov 2021

Boekhoek: Marinda se kinderkombuis met Sjef Sout en Prof Pretzel | News Article

Marinda Engelbrecht gesels met OFM Nights se Renaldo Schwarp om meer oor haar nuwe boek te deel. Luister na die potgooi hieronder.

'Marinda Engelbrecht se kinderkombuis' is ’n kleurvolle kookboek met ’n kinkel. Benewens resepte is daar ’n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ’n pretmanier help met skoolvakke, lees en skryf. 

LEES OOK: Nataniël deel '107 Kaalkoppe' en kerswenke

Leer saam met Sjef Sout om 'n omelet te maak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word ’n laboratorium wanneer hy wys hoe om ’n kleureskouspel met melk op te tower, en nog vele meer.


"Uit my hart as n ma, ouma en onderwyseres vir elke kind in ons pragtige land. Heerlike resepte plus eksperimente wat kinders in die kombuis kan doen met alledaagse bestanddele," deel Engelbrecht oor die boek wat tans beskikbaar is by alle boekwinkels.

Luister na die potgooi hieronder:

@ 2021 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal