On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

OFM Nights

Is jy dalk akteur Francois Jacobs se perfekte pasmaat?

───   17:16 Wed, 01 Dec 2021

Is jy dalk akteur Francois Jacobs se perfekte pasmaat? | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met akteur Francois Jacobs wat eersdaags begin met 'n nuwe TV-program waar hy opsoek is na liefde.

Met ’n ewige vonkel in die oog en daardie sexy sagte bry, maak die akteur Francois Jacobs menige vroue se knieë lam. Daarby saam is hy ’n gentleman, aantreklik en energiek. Maar die groot liefde? Dié het hom nog altyd ontwyk.

LEES OOK: Nuwe VIA TV dokkie deel stories van inspirasie

In die vorige reeks van Op my eish! het die akteur Neels van Jaarsveld liefde gevind toe hy vir Florinda Hearn, ’n skoonheidsterapeut, ontmoet het. Maar om uiteindelik vir Florinda te kies, moes hy eers 13 ander vroue ook ontmoet en beter leer ken het. 

In die nuwe reeks gaan Francois 16 vroue uit al die inskrywings kies, hulle in Johannesburg ontmoet en met elkeen ’n blitsafspraak hê. Hy gaan dan 12 kies en hulle in die volgende vier weke beter leer ken. 


Kykers kan weer avontuurlustige uitstappies en emosionele tonele verwag wanneer Francois die vroue een vir een huis toe stuur. Hierdie seisoen word, anders as die eerste een, op verskillende dorpe verfilm en die komediant, Schalk Bezuidenhout sal ook as sy 'wingman' dien.

Inskrywings sluit op 15 Desember 2021. Skryf hier in.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.