On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

OFM Nights

KYK: Troufotograaf Edó Mostert het 'Wat Dit Vat'

───   18:13 Wed, 12 Jan 2022

KYK: Troufotograaf Edó Mostert het 'Wat Dit Vat' | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Edó Mostert deelnemer op die kykNET-reeks, 'WAT DIT VAT: Met Loki Rothman'. Luister na die potgooi hieronder.

Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan drie alledaagse mense kies om van hulle popsterre te maak, het heelparty gewonder of dit moontlik is.

LEES OOK: Loki Rothman wys 'Wat Dit Vat'

Nou, meer as dertien weke later, het elkeen van die deelnemers nie net ’n popliedjie agter hulle naam nie, hulle het elkeen ’n volwaardige musiekvideo om mee te spog. 

Een van hierdie deelnemers is Edó Mostert.

Mostert het die afgelope tien jaar internasionale bekendheid verwerf as ‘n fotograaf wat spesialiseer in troufoto’s. Hy het groot geword in die “skuins dorp met die regop mense” genaamd Piketberg.

Liggaamspositiwiteit met ‘n gay-vriendelike aanslag is ‘n platform waarvoor hy sosiale media inspan. Hierdeur daag hy nie net individue uit oor hul denkwyse nie, maar maak ook die samelewing bewus van kwessies en aspekte in die LGBTQI+ en plus-grootte gemeenskappe.

Kyk sy debuutmusiek hieronder:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.