On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: Imke deel die storie agter haar nuwe enkelsnit 'Sterker As'

───   19:12 Tue, 25 Jan 2022

Klanktoets: Imke deel die storie agter haar nuwe enkelsnit 'Sterker As' | News Article

Oud-Vrystater en musikant, Imke het in 2020 haar pop treffer, Dans Tot Die Son Opkom bekendgestel en nou is sy terug met ‘n sielvolle kontemporêre snit, Sterker As.

Luister na haar gesprek met OFM Nights se Renaldo Schwarp hieronder.

“Wanneer ek ’n liedjie skryf, begin ek gewoonlik eers by die melodie. Die klavier praat met my; daarom is dit vir my geriefliker om dan só aan my liedjie te skaaf. Iewers in my gedagtes bestaan die tema van die liedjie dan reeds. In hierdie geval, Sterker As,” verduidelik Imke.

LEES OOK: Michelle Mountjoy inspireer met debuutenkelsnit 'Sing Jou Lied'

Die gedagte agter Sterker As is dat elkeen dit self moet voltooi, byvoorbeeld: Ek is sterker as my siekte, die verhouding waarin ek is, my omstandighede wat my terughou. Jy is sterker as jou heel grootste vrees, die berg wat voor jou lê, jou toekoms wat jou bangmaak, die spoke van jou verlede.

Gideon Botes het die liedjie vervaardig en Christiaan Baartman was by ’n gedeelte van die afronding van die liedjie betrek.

Imke wil met hierdie enkelsnit mense inspireer om, ten spyte van hulle omstandighede vir hulself op te staan.

Die enkelsnit is beskikbaar op alle digitale platforms

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.