On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: Renaldo stel enkelsnit 'Perfekte Jy' bekend

───   19:42 Thu, 03 Feb 2022

Klanktoets: Renaldo stel enkelsnit 'Perfekte Jy' bekend | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met sy naamgenoot Renaldo oor sy jongste enkelsnit en musiekvideo. Luister na die potgooi hieronder.

Renaldo is ‘n B-com student met ‘n kop vir besigheid en ‘n hart vol musiek. Hy is ‘n sanger en liedjie skrywer, met groot liefde vir sy familie en sy Skepper.

LEES OOK: Imke deel die storie agter haar nuwe enkelsnit 'Sterker As'

Renaldo het in 2014 die Mr SA Teen asook Mr Teen World titels ingepalm. 

Na die afsterwe van sy ouer broer in 2020 het Renaldo besef die lewe is kort en dat hy sy drome moet na jaag, en het hy sy eerste enkelsnit Hoe Hoog vrygestel.  Slegs ‘n jaar later, sterf sy pa in Junie 2021…  Renaldo wil graag vir sy pa en boetie ‘n liedjie skryf, maar vir nou is die wonde nog te rou en seer.

Sy nuutste enkelsnit 'Perfekte Jy', gaan oor mense wat lief is vir mekaar. “As ‘n mens lief is vir iemand dan voel dit asof daardie persoon perfek is vir jou, te perfek!!” sê Renaldo. In die potgooi hieronderdeel hy meer oor die enkelsnit en musiekvideo wat eersdaags bekendgemaak word.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.