On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

OFM Nights

Klanktoets: 'Die Lewe is te Kort' en die duo Dagbreek wil jou hieraan herinner

───   12:31 Tue, 15 Feb 2022

Klanktoets: 'Die Lewe is te Kort' en die duo Dagbreek wil jou hieraan herinner | News Article

OFM Nights se Renaldo Schwarp gesels met Tammy van die musiekduo Dagbreek. Luister na die potgooi hieronder.

In hul debuutsnit, Die Lewe is te Kort, herinner die broer-en-suter-duo, Dagbreek, luisteraars daaraan om in die oomblik te leef en nie toe te laat dat die verlede die toekoms bepaal nie.

LEES OOK: Renaldo stel enkelsnit 'Perfekte Jy' bekend

“Al wat ons het is vandag so ons moet die lewe aangryp en voluit leef,” het Tammy van der Merwe gesê.

“Ons almal gaan deur moeilike tye en val soms terug in die lewe. Ons het in die kerk begin musiek maak en later uitgebrei om in kroeë te speel.  Ons het gesien en ervaar hoe maklik dit vir die wêreld is om jou in te sluk.  


Hulle hoop hul musiek skep ’n gevoel van ‘jy is nie alleen nie’ en dat hulle deur hul musiek mense sal aanmoedig om altyd terug te keer na hul beginsels toe. Hulle wil beklemtoon dat niemand die dag van môre belowe word nie.

In die musiekvideo van Die Lewe is te Kort word dié broer en suster aan die kyker bekendgestel met ’n toneel van die sonsopkoms as verwysing na hul naam.

Luister na die potgooi hieronder:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.